Swartz weier om 'boendoehof' by te woon

Munisipaliteit onder druk om saak af te handel

13 October 2017 | Regering
Augetto Graig



Die omstrede mnr. Willie Swartz van die Rehoboth-munisipaliteit is per prokureursbrief ingelig van twee moontlike datums waarop die uitspraak in sy verhoor gelewer kan word.

Prokureur Silas Kishi-Shakumu se brief volg op druk deur die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling om die saak teen Swartz spoedig af te handel. Swartz, bestuurder van menslike hulpbronne en van tyd tot tyd uitvoerende hoof van Rehoboth, is vanaf laas jaar betrokke by 'n uitgerekte dissiplinêre proses weens 20 klagte teen hom. Dit behels onder meer dat hy munisipale geld in sy eie rekening inbetaal het.

Kishi-Shakumu het die datums Vrydag 27 Oktober of Maandag 30 Oktober voorgestel. Swartz weier egter om enige verhoor by te woon tensy hy 'n verskoning van minister Sophia Shaningwa ontvang. Die minister het vroeër gesê hy werk onwettig vir die dorpsraad en het die opdrag gegee dat hy daar moet weg.

“Ek sal nie voor jou en die minister se boendoehof verskyn nie tensy die minister haar stellings in die openbaar terugtrek,” het Swartz aan Shahumu teruggeskryf.

Hy dring aan dat die verskoning ook deur die NBC uitgesaai word. “Ek sal wag vir jou om die minister te betrek, en as ek haar openbare verskoning rakende my status as werknemer sien, kan ons voortgaan met jou boendoehof waarvoor ek nie bang is nie, omdat die waarheid sal oorwin, óf by die verhoor óf wanneer ek jou minister en die raad saam met mnr. Christoph /Uirab dagvaar,” skryf Swartz.

In 'n opvolgboodskap skryf Swartz: “Ek was so woedend toe ek my eerste boodskap aan jou geskryf het dat ek vergeet het om jou aan te spreek oor kwessies rakende wet en prosedures.”

Daarna betwis hy ook die geldigheid van die regsopinie waarop die minister haar besluit gemaak het, en eis dat dit ook teruggetrek word. Swartz sê hy het ook reeds die uitslag van die saak en dring aan dat dit herroep word.

Rehoboth sukkel al lank met wanbestuur en chaos onder die leier­skap van die dorpsraad en munisipaliteit. Toegang tot krag en water bly wisselvallig op die dorp wat worstel met betaling aan grootmaatverskaffers. NamWater het in Julie Rehoboth se water amptelik afgesny en vereis van die dorp om nou vooruit te betaal.

Die rioolstelsel se onderhoud word slegs met Windhoek se hulp aan die gang gehou, terwyl inwoners toenemend ontevrede raak. Net laas maand het talle gegriefde inwoners opnuut 'n optog deur Rehoboth se strate gehou. Voor die geslote hekke van die munisipaliteit en dorpsraad is vier gebedsessies vir 'n uitweg gehou.

Soortgelyk

 

Keelvol studente soek hul geld

4 ure gelede | Onderwys

Augetto GraigStudenteleiers het gister op die Namibië Finansiële Hulpfonds vir Studente (NSFAF) se voorstoep betoog oor geld wat steeds nie aan hulle uitbetaal is nie....

Klagte van haatspraak

4 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht - ’n Klag van haatspraak is by die ombudsman ingedien teen leserskommentaar op 'n plaaslike dagblad se webtuiste. Die koerant moet volgens die...

Weer vir 19 Oktober 2017

4 ure gelede | Weer

WAARSKUWING: 'n Koue front word in die suidelike streke verwag. Binneland: Gedeeltelik bewolk en koud tot koel in die Suide, maar warm in die verre...

Routydperk vir Muharukua

4 ure gelede | Mense

'n Nasionale routydperk vanaf vandag tot Saterdag is afgekondig, met vlae wat halfstok sal hang. Die eer word betoon aan me. Angelika Muharukua wat op...

Minderheidsaandeelhouers teen sluiting van die SME Bank

4 ure gelede | Howe

Jacqueline Louw Senior advokaat Andrew Corbett het gister namens die Bank of Namibia (BoN) die motiewe van die twee Zimbabwiese minderheidsaandeelhouers wat die likwidasie van...

DTA eis skorsing van PS

4 ure gelede | Politiek

Die DTA vra vir die onmiddellike skorsing van die permanente sekretaris van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling en die hoofbestuurder van die Owerheid vir Sake- en...

Aanlyn geldskema oortree wet

4 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - ’n Nege maande oue geldmaakskema wat aanlyn beleggers se “drome” waar maak deur opbrengste van so hoog as 75% te beloof, oortree...

Kort nuus

4 ure gelede | Misdaad

Ondangwa ...

Selfs die jeug is bekommerd oor 'hubbly'-pype

4 ure gelede | Maatskaplik

Telwin !Owoseb - Namibië“Hoekom is dit in die eerste plek ingevoer en aanvaar? Dit moes nie ingebring gewees het nie. Dit vernietig die jeug en...