Swartkolkfoto rdie eerste ooit
Swartkolkfoto rdie eerste ooit

Swartkolkfoto die eerste ooit

Sodra die teleskoop op die Gamsberg voltooi is, sal Namibië as “verlore skakel” 'n netwerk teleskope oor die aarde voltooi.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Namibië sal binnekort by baanbre­kerwerk op die gebied van gravitasiekolkfoto's betrokke wees.

Dié nuus volg kort ná wêreldgeskiedenis Woensdag gemaak is toe die Europese Kommissie die eerste foto ooit van 'n swartkolk onthul het, wat deur 'n wêreldwye netwerk van teleskope, genaamd die Event Horizon Telescope (EHT) in samewerking met wetenskaplikes wêreldwyd geneem is.

Onlangs is berig dat die Universiteit van Namibië (Unam) werk tans in saam met Nederland se Radboud-universiteit aan 'n projek om 'n 15 meter hoë tele­skoop op die kruin van Gamsberg op te rig.

Die Africa Millimetre Telescope (AMT) is tans in sy voorlopige ontwerpfase en sal eindelik die “verlore skakel” in 'n EHT-netwerk van teleskope oraloor die aarde wees, het die Europese Unie se plaaslike nuus- en inligtingsbeampte, me. Susan-Marie Lewis, gister in 'n nuusverklaring gesê.

“Dit is ook hiérdie netwerk teleskope wat nou die eerste foto van 'n swartkolk geneem het.

“Daar is bevind Namibië is een van die mees geskikte lande ter wêreld om die beste foto's van die middel van die heelal te neem. Dit is danksy Namibië se ligging, droë klimaat en helder lugruim,” het Lewis gesê.

“Namibië is dié land vir hierdie tipe navorsing, en ons is opgewonde en hoop die teleskoop en antenna sal op Gamsberg opgerig kan word.

“Dit sal Namibië in staat stel om aan die neem van hoëresolusiefoto's van swartkolke deel te neem en 'n leier in baanbrekernavorsing en die ontwikkeling van die mensdom te wees.”



KOPSKUIF

Volgens die Europese Kommissie behels die vrystelling van die foto 'n kopskuif in mense se begrip van swartkolke en bevestig dit Albert Einstein se relatiwiteitsteorie.

Die foto van die swartkolk is terselfdertyd by ses nuuskonferensies oraloor die wêreld bekend gestel.

Die Europese Komissie verduidelik in 'n nuusverklaring swartkolke is kosmiese voorwerpe wat dig saamgepers is en 'n reusemassa het.

Dit was tot dusver onmoontlik om foto's van 'n gravitasiekolk, 'n uiters kompakte en digte voorwerp waarvan die reuse-aantrekkingskrag nie eens lig en energie toelaat om te ontsnap nie, te neem.

Daarom het sterrekundiges hulle daarop toegespits om die kolk se profiel of skadubeeld af te neem. Die profiel word deur vinnig bewegende gas en stof veroorsaak, wat teen byna die spoed van lig om die kolk draai.

Die ligprofiel kontrasteer genoeg om afgeneem te kan word net voor dit oor die “gebeurtenishorison” (die punt waarná iets nie kan verander nie) verdwyn.

'n Virtuele teleskoop, die Event Horizon-teleskoop (EHT), bestaan uit agt verskillende teleskope wat deel van 'n netwerk is en een groot radioteleskoop vorm.

Die gravitasiekolk is in die Messier 87-stelsel sowat 60 miljoen ligjaar van die aarde af.

'n Internasionale span van meer as 200 kundiges het saamgewerk om die gravitasiekolk– 'n monster van 40 miljard km in deursnee – se skaduwee af te neem. Dit is soveel soos 3 miljoen aardes.

Die gravitasiekolk is in 'n gebied in die middel van die heelal bekend as M87, ongeveer 500 miljoen triljoen km van die aarde af, afgeneem.

Dit het die sterrekundiges 10 dae geneem om die foto met die EHT te neem.

Die hoeveelheid data van die teleskoop was so groot dat dit nie oor die internet gestuur kon word nie. Dit is op spesiale rekenaarskywe gestoor om later verwerk te word. Netwerk24 berig die Suid-Afrikaanse prof. Roger Deane, 'n astrofiskus aan die Universiteit van Pretoria, was 'n lid van die internasionale span wat gehelp het om die eerste foto van 'n gravitasiekolk te help neem.

– Netwerk24, bygewerk

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.7 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.06 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.06 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 383.81/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.40/lb UP +1.91% | Zinc US$ 2 809.50/T DOWN -0.4% | Brent Crude Oil US$ 87.56/BBP DOWN -0.0017 | Platinum US$ 939.02/OZ DOWN -0.001 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.7 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.06 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.06 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 383.81/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.40/lb UP +1.91% | Zinc US$ 2 809.50/T DOWN -0.4% | Brent Crude Oil US$ 87.56/BBP DOWN -0.0017 | Platinum US$ 939.02/OZ DOWN -0.001