Swartbooi uit, Boois in

Hage laat die byl val

16 December 2016 | Regering
Estelle de Bruyn - Die voormalige adjunkminister van grondhervorming, mnr. Bernardus Swartbooi, is ondanks ‘n ontkenning dat hy bedank het, uit sy pos uit.

Die uitdagende uitlatings wat hy ná ‘n verklaring deur die minister van presidensiële sake, mnr. Frans Kapofi, oor sy vergadering met pres. Hage Geingob by Staatshuis gemaak het, het oënskynlik meegebring dat die president sy voet neergesit het.

‘n Verklaring van Staatshuis gistermiddag lui soos volg: “Vandag, 15 Desember 2016, het pres. dr. Hage G. Geingob formeel die mondelinge bedanking van mnr. Bernardus Swartbooi, die voormalige adjunkminister van grondhervorming, aanvaar ingevolge die magte in hom gesetel volgens Artikel 32 (6) van die Namibiese grondwet. Terselfdertyd het die president die aanstelling van me. Priscilla Boois as die nuwe adjunkminister van grondhervorming aangekondig. Me. Boois was tot nou toe die adjunkminister van armoede uitwissing en maatskaplike welsyn.

“Die aanstelling is onmiddellik van krag. Die president wens mnr. Swartbooi voorspoed vir sy toekomstige planne en verwelkom die nuwe adjunkminister in haar pos,” lui die verklaring deur die perssekretaris van die president, mnr. Albertus Aochamub.

Aochamub het vroeër aan NBC gesê Swartbooi is tydens sy ontmoeting Woensdag by Staatshuis met die president en ander senior leiers, aangeraai om te bedank omdat hy oënskynlik nie gelukkig met die toedrag van sake is nie.

“Hy het gesê: reg so, dit is wat ek sal doen [bedank], voordat hy opgestaan en uitgestap en die deur agter hom toegeslaan het.”

Nadat die nuus bekend geword het, het dit op sosiale media gegons, met die meeste deelnemers aan gesprekke in openbare forums wat oënskynlik Swartbooi se standpunt steun en enkeles wat aanstoot neem oor sy uitlatings.

Ondertussen het ’n groep van ongeveer 20 inwoners van Swakopmund Woensdag ter ondersteuning van Swartbooi saamgekom terwyl ’n ander groep ’n vergadering in Walvisbaai bygewoon het.

Inwoners van Swakopmund, onder leiding van Uahimisa Kaapehi, streekskoördineerder van die Erongostreek vir Nudo, sê hulle ondersteun Swartbooi se kommentaar en die adjunkminister behoort nie daarvoor verskoning te vra nie.

John Kamure, ’n ondersteuner, het by die samekoms gesê die grondkwessie moet nie tot een gemeenskap beperk word nie, maar moet eerder as ’n nasionale kwessie hanteer word.

“Ons ondersteun die waarheid ten volle; hy moet nie jammer sê of bedank nie. Hierdie kwessie moet nie as ’n Nama-probleem hanteer word nie, maar eerder as ’n nasionale bekommernis gesien word.”

Die groep sê die hervestigingsproses moet gestop word tot ’n grondkonferensie gehou kan word om oplossings vir die probleme te vind.

Die regering het vanjaar beplan om, 26 jaar ná onafhanklikwording, Namibië se tweede nasionale grondkonferensie te hou, maar het in Oktober aangekondig dat dit weens ’n gebrek aan fondse vir ’n onbepaalde tyd uitgestel is.

Die bekommerde groep in Swakopmund sê die besluit van die president om Swartbooi te dwing om verskoning te vra, is ongevraagd.

“As hy steeds in die kantoor is, is ons gelukkig. Ons maak ons net gereed om hom te ondersteun indien hy afgedank word,” sê Johanna Goagoses.

’n Soortgelyke vergadering, gelei deur die opperhoof van die Topnaars, Seth Kootjie, het dieselfde dag in Walvisbaai plaasgevind.

Die groep is gereed om dié optog, wat ook deur ander groepe in Windhoek en Keetmanshoop beplan word, in solidariteit af te lê. Eie berig en Nampa

Soortgelyk

 

Namibië: Jerusalem hoofstad van Israel én Palestina

1 dag gelede | Internasionaal

Die regering sê in ‘n verklaring hy het om groot kommer kennis geneem van die die VSA se aankondiging dat hy Jerusalem as hoofstad van...

Rynand Mudge herstel ou geboue

2 dae gelede | Omgewing

Augetto Graig Windhoek se geskiedenis het sedert 1910 en 1913 voor die historiese Gathemann- en Erkrath-gebou in die stad se hoofstraat afgespeel. Die geboue, wat...

EU-lys g'n 'swartlys'

2 dae gelede | Internasionaal

Ronelle Rademeyer “Die EU het Namibië nog nooit as 'n belasting­toevlugsoord beskou nie. Dit is 'n totale misverstand.”Só het die Europese Unie se ambassa­deur in...

Raad vir jong ondernemers

2 dae gelede | Onderwys

‘n Gids oor volhoubare ontwikkeling vir jong ondernemers in Namibië verskyn vandag in Namibia Media Holdings (NMH) se dagblaaie en is gister amptelik bekend gestel.Die...

Kalender 8 Desember

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Wees deel van die eerste weergawe StArt Art Salon vandag by die Macadam-mark. StArt Salon Volume 1 is ’n “salon-styl”-utstalling wat...

Weer vir 7 Desember

2 dae gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die verre oostelike gedeeltes, andersins gedeeltelik bewolk en baie warm met 'n paar tot geïsoleerde donderbuie maar verspreide...

Crimson House en Andra deel verhoog by kus

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Die Suid-Afrikaanse groep Crimson House bring hul Gypsy Jungle-vertoning oor die feestyd na Swakopmund. Crimson house sal saam met sangsensasie Andra van 19 tot 22...

Een stem, ’n kitaar en baie Stone-emosie

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Die Warehouse-teater is dié plek vir kultuur, vermaaklikheid, yskoue bier en pizza in Windhoek. Hierdie gewilde landmerk het onlangs sy 5de verjaardag gevier sedert dit...

Bekendstelling van StArt Salon uitstalling by Macadam-mark

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Wees deel van die bekendstelling van die eerste volume van StArt Salon vanaand by die Macadam-mark. StArt Salon Volume 1 is ’n “salon-styl”-utstalling wat die...