Swartbooi se doppie geklink

President sit sy voet neer

14 December 2016 | Regering
Estelle de Bruyn - Die omstrede jong Swapo-vuurvreter, mnr. Bernardus Swartbooi, is gistermiddag sy pos van adjunkminister kwyt nadat hy aangebied het om sy bedanking in te dien.

Swartbooi het hom die staatshoof se argwaan op die hals gehaal nadat hy twee naweke gelede onder die minister van grondhervorming, mnr Utoni Nujoma, ingevaar het toe hy die Kai//Khau-fees op Hoachanas toegespreek het.

Swartbooi, wat onder Nujoma as adjunkminister gedien het, het volgens Republikein se susterskoerant, Namibian Sun, uitgevaar oor die wyse waarop die ministerie mense van elders in Namibië in die suide hervestig, terwyl die plaaslike Nama-bevolking, wat hul grond vanweë die Duitse koloniale oorlog verloor het, glad nie uit die hervestigingsprogram voordeel trek nie.

Volgens ''n verklaring van Staathuis gisteraand was Swartbooi se opmerking dat hy "nie vir Nujoma nie, maar vir Geingob werk" die grondslag vir die eis om ''n verskoning, wat vroeër deur die minister van presidensiële sake, mnr. Frans Kapofi, in opdrag van Geingob, van Swartbooi versoek is.

Dit het Swartbooi nie gedoen nie.

Gistermiddag het Swartbooi by Staathuis met Geingob, in die teenwoordigheid van visepres. Nickey Iyambo, die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila en Kapofi vergader. Hy is deur die president daarop gewys dat die keuse van ''n openbare forum vir sy kritiek teen Nujoma onvanpas was en dat verskille tussen die twee deur ander gepaste kanale besleg moes word.

"Die president het herhaal dat Swartbooi om verskoning moes vra. Hy het egter geweier om verskoning te vra en eerder aangebied om uit sy posisie as adjunkminister te bedank. Die president wag vir sy bedankingsbrief," lui die verklaring van Kapofi se kantoor.

Die prokureur-generaal, mnr. Sacky Shangala, het op navraag aan Republikein verduidelik dat die president ingevolge artikel 32 van die grondwet die reg het om ministers en adjunkministers uit die geledere van die parlement aan te stel.

“Ingevolge dieselfde magte het die president die reg om hierdie politieke ampsdraers van hul pligte te onthef of na ander ministeries te verplaas, sonder dat hy enige verduideliking aan enige iemand verskuldig is.

“’n Mens moet ook onthou dat enige politieke ampsdraer in opdrag van die president dien. Dieselfde reëls ingevolge die arbeidswet, wat staatsamptenare raak, geld nie vir politieke ampsdraers nie,” het Shangala gesê.

Hy sê na sy persoonlike mening, en al hoef die president nie redes vir die afdanking te verskaf nie, het Swartbooi se optrede, toe hy openlik sy meerdere in die ministerie gekritiseer het, onmin veroorsaak wat nie bevorderlik vir goeie staatsbestuur is nie.

“Swartbooi sal nou as ‘n gewone agterbanker na die Nasionale Vergadering terugkeer,” het Shangala gesê.

Swartbooi is die eerste politieke ampsdraer wat tydens die ampstermyn van pres. Geingob die trekpas gegee is. Niemand is tydens die termyn van pres. Hifikepunye Pohamba afgedank nie, ondanks laterale verskuiwings met kabinetskommelinge.

Soortgelyk

 

Vrou se liggaam in Goreangabdam gevind

2 dae gelede | Misdaad

Die liggaam van ‘n ongeïdentifiseerde vrou is Donderdagnag in die Goreangabdam by Windhoek gevind. ‘n Woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinsp. Kauna Shikwambi, het vandag...

Dr. Malan Lindeque op lys vir hoë posisies by...

2 dae gelede | Omgewing

Die kabinet het besluit om dr. Malan Lindeque, permanente sekretaris van die omgewing en toerisme, se nominasie vir top-posisies by die Verenigde Nasies (VN) goed...

Nuwe raad vir NPTH

2 dae gelede | Tegnologie

Die adjunkminister van inligting en kommunikasietegnologie mnr. Engel Nawatiseb het vandag die nuutste kabinetsbesluite aangekondig, asook die goedgekeurde nuwe raad van die Namibia Post and...

ECB keur kragtarief-verhoging van 5% goed

2 dae gelede | Energie

Die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) het vanoggend die nasionale kragverskaffer NamPower toestemming te gee om die grootmaat-elektrisiteitstarief met 5% te verhoog. NamPower het op 12 April aansoek...

Muilband-aansoek deur Intelligensiediens oor plase in die hof

2 dae gelede | Howe

Die verhoor van die dringende aansoek vir ‘n interdik waarmee die Namibië se Sentrale Intelligensiediens (NCIS) ‘n weekblad se mond oor moontlike korrupsie met die...

Verwarring oor taxistaking

2 dae gelede | Vervoer

Hoewel die president van die Namibiese Vervoer- en Taxivakbond (NTTU), mnr. Werner Januarie, sê taxi’s gaan eerskomende Maandag staak, sê die president van die...

Seuntjie (3) sterf ná glo met stok geslaan is

2 dae gelede | Misdaad

‘n Driejarige seuntjie het Woensdag in die Otjomukandi-nedersetting in die Kunenestreke gesterf nadat sy 34-jarige tannie hom glo met ‘n stok oral op sy lyf...

Geingob nooi Britse ondernemings na Namibië

2 dae gelede | Regering

Pres. Hage Geingob het gister (Donderdag) saam met 45 ander staatshoofde die amptelike opening van die Statebondsberaad as gas van koningin Elizabeth by Buckingham Paleis...

Hoop in 'n bondeltjie liefde

2 dae gelede | Omgewing

Hope, die bobbejaan wat in 2016 in die nuus was nadat sy in Windhoek erg mishandel is, het ma geword. Ná sy gered is, het...