Swartbooi sê hy sal nie bedank
Die adjunkminister van grondhervorming, mnr. Bernardus Swartbooi, het in ''n onderhoud aan Republikein uitlatings in ''n verklaring van Staatshuis betwis.
Maria Eiseb – Die adjunkminister van grondhervorming, mnr. Bernardus Swartbooi, ontken dat hy aangebied het om uit sy pos te bedank.
Dit volg nadat die minister van presidensiële aangeleenthede, mnr. Frans Kapofi, Dinsdagaand ‘n verklaring uitgereik het waarin gesê is dat Swartbooi aangebied het om te bedank nadat hy verseg het om verskoning te vra vir kritiek teen die minister van grondhervorming, mnr. Utoni Nujoma. Tydens ‘n vergadering Dinsdag by Staatshuis het pres. Hage Geingob geëis dat Swartbooi vir sy gedrag verskoning vra.
Swartbooi het gister in ‘n onderhoud aan Republikein gesê hy het nie ‘n bedankingsbrief ingedien nie. Hy sê hy sal nie sy kantoor verlaat alvorens hy nie ‘n brief gekry het waarin hy afgedank word nie. Volgens Swartbooi moet dit op “swart op wit” wees dat hy afgedank is.
“Die stories wat die rondes doen dat ek ‘n bedankingsbrief ingedien het, is vals,” het hy bygevoeg. Hy is wel gesê hy is afgedank en later het hy gehoor hy het self bedank, maar hy het nie bedank nie, het Swartbooi volgehou.
Hy het voorts gesê hy ervaar innerlike vrede met die dinge wat om hom gebeur. “Ek het ‘n kalmte en ek is geensins bang vir enige iets nie. Ek slaap goed in die nag,” het hy gesê.
“Die enigste ding waarvoor ek vrees, is dat hulle dalk my handtekening op die brief kan vervals en sê ek het ‘n bedankingsbrief onderteken. Die president moet manhaftig wees en my afdank. Ek sal nie vanself bedank nie,” het hy gesê.
“As ek verkeerd was of nie die waarheid gepraat het nie, sou ek om verskoning gevra het, maar terwyl ek weet ek het die waarheid gepraat, sal ek nie om verskoning vra nie.”
Hy het verduidelik sy uitlatings twee weke gelede op Hoachanas het nie spesifiek ‘n vinger na Nujoma gewys nie. Hy het dit egter teen die manier waarop grondhervorming in Namibië plaasvind.
Volgens Swartbooi moet die mense wat destyds grond verloor het, voorkeur geniet wanneer hervestigingsgrond toegeken word alvorens dit aan ander mense toegeken word.
“Vir my is hierdie ding nie meer ‘n individuele saak of iets net vir die mense van die Suide nie, maar dit sluit almal in,” het hy verduidelik.
“Dit maak nie saak in watter streek die mense is nie, dit is ‘n grondkwessie en dit raak ons almal.” Hy sê hy wil nie hê grond moet verdeeldheid in Namibië saai nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie