Swartbooi is uit parlement geskop

Swapo sê iemand wat omstrede verklarings maak terwyl hy die party verteenwoordig waar wette gemaak word, is nie aanvaarbaar nie.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Swapo se politburo het Maandagaand besluit om mnr. Bernadus Swartbooi as parlementslid te onttrek, nadat die jong heethoof oor die naweek tydens ‘n galadinee omstrede uitlatings oor die regerende party van die Beweging vir Grondlose Mense (LPM) gemaak het.
Swartbooi is egter nie uit die party geskop of geskors nie. Dit word egter verwag dat hy vandag sy bedanking uit Swapo sal aankondig.
Swapo se sekretaris-generaal, mnr. Nangolo Mbumba, sê Swartbooi is aan die parlement onttrek nadat hy klaarblyklik gesê het: “Ek is 99,9 persent nie Swapo nie. Die oomblik wat hulle my aan die Nasionale Vergadering (NV) of die parlement onttrek, sal ek binne 30 sekondes uit Swapo bedank.”
Swartbooi wou gister nie kommentaar oor die verwikkelinge lewer nie, maar het beklemtoon dat hy nie gesê het hy is 99,9 persent nie ‘n lid van Swapo nie. Wat hy wel gesê het, is dat hy “99,9 persent nie OPO wat hom as Swapo voordoen, is nie”.
OPO is die voormalige Ovamboland People’s Organisation, die voorganger van Swapo.
“Ons stry nie met enige iemand wat eis dat die grondkwessie hanteer moet word nie,” sê Mbumba. “Maar ‘n mens kan nie ‘n lid van Swapo in die Nasionale Vergadering wees en hierdie soort opmerkings maak nie,” het hy bygevoeg.
Mbumba sê terwyl Swartbooi vry is om sy menings oor sake te lug, kan hy nie “net enige iets sê terwyl hy die party in die NV verteenwoordig en wette maak, terwyl hy in sy eie woorde sê hy is nie eens ‘n Swapo nie”.
Gevra of Swapo bekommerd is dat die party van sy steun kan verloor vanweë die uitskop van Swartbooi, het Mbumba gesê: “Dit is nie die eerste keer dat iemand besluit om die party met sy familie en ondersteuners te verlaat nie. Ons sal sien. Hulle, soos ons, sal onsself aan die kiesers moet verduidelik. Ons is een familie. Ons wil nie hê familielede moet die vensters breek nie.”
Die uitval met Swartbooi en ander in die LPM het ‘n rimpeleffek in die party veroorsaak.
‘n Lid van die party se politburo en sentrale komitee, mnr. Kazenambo Kazenambo, het Dinsdag Swartbooi se onttrekking aan die parlement as ‘n “leierskapkrisis in die party” beskryf.
Kazenambo sê dit is 'n aanduiding van ‘n outokratiese leierskap wat nie uiteenlopende menings duld nie.
“Swartbooi is besig om pertinente kwessies op te haal en hy is (as adjunkminister van grondhervorming) oor niks afgedank. Hierdie is ‘n man wat bereid is om opofferings vir Swapo se waardes te maak, en ek is gereed om saam met hom onder te gaan. Ek is meer as bereid om saam met hom onder te gaan,” het Kazenambo gesê.
VOLGENDE IN DIE RY
Mbumba wou nie sê wie Swartbooi in die parlement sal vervang nie, maar het genoem dat die persoon volgende op die partylys “volgende in die ry” is.
Dié is me. Paula Kooper nadat mnr. Gothard Kasuto vir mnr. Asser Kapere vervang het. Sowel me. Katrina Hanse-Himarwa en mnr. Jerry Ekandjo was presidensiële aanstellings.
Mbumba sê hy moet eers die naam aan die speaker, prof. Peter Katjavivi, bekend maak.
REGVERDIGHEID BEVRAAGTEKEN
Die snelheid waarmee Swartbooi uitgeskop is, het baie vrae laat ontstaan oor hoekom die party nie soortgelyke stappe teen die goewerneur van Omaheke, mnr. Festus Ueitele, en Omusati se goewerneur, mnr. Erginus Endjala, gedoen het nie.
Die twee moes om verskoning te vra nadat hulle ongure en stamgebonde opmerkings oor ander mense gemaak het.
Mbumba het gesê ten tyde van vandeesweek se politburo-vergadering was die party onbewus van Endjala se opmerkings.
Mbumba het egter daarop gewys dat daar gevolge is vir partylede wat verkeerd optree.
“Daar is tye wanneer ‘n mens dinge sê en onmiddellik en opreg verskoning vra, maar sekere gesindhede is fundamenteel aan ons karakter. ‘n Mens gaan nie rond en sê slegte dinge oor ander mense nie. Sommige is dapper genoeg om dit te sê en dit openlik te sê. Uiteindelik kom alles in die reine en die gevolge, hetsy deur verkiesings óf besluite wat deur die party se strukture geneem word, sal kom,” het Mbumba gesê.
Geen dissiplinêre proses het Swartbooi se onttrekking aan die parlement voorafgegaan nie.
“Wat ook al opperhoof (Vekuii) Rukoro gesê of gedoen het, hy verteenwoordig ons nie in ‘n plek waar wette gemaak word nie,” het Mbumba gesê. Hy het verwys na Rukoro se aanvaarde verskoning oor ‘n opmerking dat die Swapo-geleide regering ‘n “Oshiwambo- regering” is.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.04/OZ UP +0.68% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.36% | Zinc US$ 2 853.10/T UP 1.67% | Brent Crude Oil US$ 87.47/BBP DOWN -0.006 | Platinum US$ 909.18/OZ UP +0.78% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.04/OZ UP +0.68% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.36% | Zinc US$ 2 853.10/T UP 1.67% | Brent Crude Oil US$ 87.47/BBP DOWN -0.006 | Platinum US$ 909.18/OZ UP +0.78%