Swapo vier 57 jaar
Die konferensiesaal by Swapo se hoofkantoor in Windhoek was tot oorlopens toe volgepak tydens 'n mediakonferensie wat mnr. Nangolo Mbumba, Swapo se sekretaris-generaal, op 19 April gehou het oor beplande feesvieringe vir die party se 57ste bestaansjaar.
Hy het 'n openbare uitnodiging aan alle partylede, sowel as die gemeenskap gerig om feesvieringe op 22 April by die Mokati Stadion in Otjiwarongo by te woon.
Tydens dié feesvieringe sal president Hage Geingob 'n toespraak lewer.
Mbumba sê dis 'n voorreg om aan 'n groot familie, soos die Swapo-familie te behoort.
“Dit is 'n mooi naam, en selfs die geskiedenis was ons goedgesind, hoewel daar baie is wat ons wou en wil vernietig - maar ons sal nie moed opgee nie,” het hy bygevoeg.
Hy het Swapo-lede bemoedig en gesê hulle moenie van die mense vergeet wat hulle gehelp het om sukses te bereik nie, want as hulle dalk eendag terugval, gaan hulle bondgenote nodig hê.
Volgens Mbumba het die grondlegging van Swapo destyds in Windhoek plaasgevind.
“Die leiers van die party het alles gedoen om vryheid te bereik.”
Hy het voorts gesê die mense sê Swapo is 'n vriend van almal, en dat dit waar is dat Swapo vriende is met lande wat vriendelik is met hulle.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie