Swapo swyg oor griewe
Swapo swyg oor griewe

Swapo swyg oor griewe

Te midde van stygende spanning oor volgende week se nasionale grondberaad, vermy Swapo toenemend navrae oor kwelpunte.
Denver Kisting
Denver Kisting – Ál wat me. Sophia Shaningwa, Swapo se sekretaris-generaal, oor hul beweerde grondagenda sê, is “wag en sien”.

Sy het gisteroggend drié keer dieselfde sin herhaal: “Ons sal net wag vir die grondberaad en dit van daar af verder vat.”

Republikein het eergister vyf keer vir Shangingwa op haar selfoon probeer opspoor.

Hiernaas het die koerant selfs ’n WhatsApp-boodskap gestuur, wat oënskynlik gelees is te oordele aan dié diens se blou merkie.

Daar is selfs verskeie kere probeer om vir mnr. Utoni Nujoma, die minister van grondhervorming, te bereik.

In gister se sessie van die Nasionale Vergadering (NV) kon dié verslaggewer sien hoe hy skynbaar sy WhatsApp-boodskappe gelees.

Albei het soos die graf geswyg.

Gisteroggend om 10:12 het Shangingwa haar foon geantwoord en die wag-en-sien-refrein drie keer herhaal.

Dít kom nadat die amptelike opposisie dae voor Namibië se tweede nasionale grondberaad ernstige beweringe gemaak het.

Mnr. McHenry Venaani, leier van die Popular Democratic Movement (PDM), sê hy is op 3 September gevra om 30 minute lank te praat op die beraad.

Sestien dae later het hy gehoor dié spreekbeurt beslaan 20 minute.

Maandag is hy ingelig hy het nie ’n oomblik langer as 10 minute om die minderheid se sê te sê nie.

Venaani sê Swapo het kláár besluit hoe volgende week se N$15 miljoen-beraad moet verloop.

Byvoorbeeld, om ’n veteraan van die bevrydingstyd eerste te laat praat, is hoe Swapo die tafel vir sy agenda sal dek, sê Venaani.

Grondonteiening het aan die hand van koloniale magte begin en nié tydens die bevrydingstryd van die 1960’s nie, sê hy.

Daarom verstom dit hom dat geen afstammeling van die volksmoord van die Herero’s en Namas namens dié gemeenskappe by die beraad praat nie.

Swapo se standpunt sal naas ander verteenwoordiging deur Shaningwa, pres. Hage Geingob en adjunkpresident Nangolo Mbumba gemaak word, maan Venaani.

Toe Nujoma gisteroggend sy foon antwoord, het hy tydens dié 16 sekonde lange gesprek gesê hy is besig met ’n vergadering.

Republikein wou weet wanneer ’n meer geleë tyd sou wees om hom terug te skakel. Sy antwoord het behels om die foon neer te gooi.

Een van die ander dorings in die opposisie se vlees is dat voorwaardelike grondregte nie op die agenda is nie.

Die beraad skop Maandag in die hoofstad af.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!