Swapo speel besluitnemer
Swapo speel besluitnemer

Swapo speel besluitnemer

Die koalisievennote AR, Nudo en PDM het gedreig om bande met die IPC te verbreek wat op hul beurt vry na die LPM, terwyl die regerende party lê en wag.
Henriette Lamprecht
Jemima Beukes en Ester Kamati

Besprekings vir die vorming van koalisies is goed onderweg by die Windhoekse munisipaliteit, met sommige koalisievennote wat in vyande kan verander en die regerende Swapo-party die beslissende faktor tydens volgende week se raadsverkiesing kan wees.

Tans is alle aanduidinge dat die vyf Swapo-raadslede wat tans op die stadsraad dien buite stemming gaan bly, soortgelyk aan verlede jaar se verkiesings waartydens die huidige burgemeester, dr. Job Amupanda, as politieke hoof van Windhoek verkies is.

Bronne het egter aan Republikein se susterkoerant Namibian Sun laat blyk Swapo kan moontlik die balans handhaaf nadat dit duidelik geword het sommige van die koalisielede het informeel uitgereik na ander partye om die kat uit die boom te kyk.

Dit is ’n kwessie van wag en kyk hoe opposisiepartye met die meeste wat gesweer het om nooit Swapo se bedmaats te wees nie, die politieke onstuimigheid gaan bestuur wat reeds die koalisietrein tot stilstand gebring het.

Swapo se leier in die raad, me. Queen Kamati, wou nie antwoord op ’n vraag of die regerende party volgende week gaan stem of nie, en of sommige van die koalisievennote die party genader het om kragte saam te snoer. Sy het alle navrae na die Khomas-streekkantoor verwys.

“Swapo is ’n organisasie met strukture in plek en wat gelei word deur beleidsrigtings en programme,” het sy gesê.

Die vierparty-koalisie is tans in skerwe, met Nudo, die Popular Democratic Movement (PDM) en Affirmative Repositioning (AR) wat saamsweer teen die Independent Patriots for Change (IPC). Dié partye is nie gelukkig dat die IPC die Landless People’s Movement (LPM) sonder hul insette gevra het om by die koalisie aan te sluit nie.

“Ons het nie ’n probleem met enige politieke party wat in die raad verteenwoordig word om by die progressiewe magte aan te sluit nie,” het die drie partye in ’n brief aan die IPC-leier, dr. Panduleni Itula, gesê.

Dit blyk Swapo-raadslede hou hul kaarte styf teen die bors om te sien hoe die geveg tussen die koalisievennote uitspeel.

Volgens bronne in die party kan Swapo oorweeg om ’n koalisie aan te gaan as die party gewaarborg is om die bestuurskomitee oor te neem. Die regerende party het vennote met ’n gekombineerde drie setels nodig om die meerderheid in die raad te hê.

Amupanda het tydens ’n mediakonferensie Itula daarvan beskuldig dat hy in die stad se sake inmeng en sodoende die magte van IPC-raadslede verminder met betrekking tot besluite wat deur die raad geneem is.

Volgens hom het Itula doelbewus raadslede van plaaslike owerhede ingeperk.

“Die vernietigende aard van dr. Itula is baie problematies en ek is bly dat ons as ’n kollektief saam met ander koalisievennote besluit het om hierdie spesifieke kwessie van sy optrede aan te roer.

“Jy het raadslede en hulle kom nie na vergaderings om kwessies te bespreek nie. By ’n vergadering kan hulle nie sê wat hul kwessies is nie. Hoe kan ’n raadslid net heeltyd lees? Dit beteken basies hy bestuur hierdie raadslede van waar ook al hy is,” het Amupanda gesê.

Volgens hom is die AR nie magshonger nie en is dit gereed om te lei van die opposisiebanke as gewone lede van die raad.

“As ons besluit ons gaan nie aan verkiesings deelneem nie, gaan ons steeds voortgaan om te bestaan, maar sommige het nie die luukse om te besluit nie. As ’n kollektiewe leierskap word ons nou ernstig opgeneem. Dit was nie maklik nie. Dit was die moeilikste ding want jy moet jou oog op die bal hou. Dit was makliker vir Swapo-raadslede. Jy hoef nie slim te wees nie. Jy het beheer oor die bestuurskomitee, jy het beheer oor die raad. As julle onder mekaar sukkel, gaan jy net na die Swapo-hoofkantoor en sê vir die koördineerder om ’n opdrag te gee. Elkeen sal presies doen wat jy as burgemeester wil hê,” het hy gesê.

Verlede maand het die LPM sy bereidwilligheid aangedui om by die koalisie aan te sluit. Die party het verlede jaar die koalisie vermy en het nie verlede week se vergadering bygewoon nie. Die LPM se tweede in bevel, mnr. Henny Seibeb, het verlede week aan die media gesê hulle moet hul samesprekings met die IPC versnel en miskien by die koalisie aansluit en kyk of hulle van die posisies kan oorneem.

Die IPC se woordvoerder, mnr. Imms Nashinge, het gesê daar is niks onheilspellend aan die samesprekings tussen die IPC en LPM nie omdat dit reeds deel van verskeie plaaslike owerhede is waar samewerking verwag word om dienste te lewer.

“LPM word verkies deur normale demokratiese prosesse, hulle is deel van die raad. Hoekom is dit ’n verrassing? Wag net, as daar sprake is van sulke samesprekings, sal ons beslis die publiek laat weet. Die koalisie is nie ’n klub vir private lede nie, dit behoort aan almal. Hulle het ’n rol om te speel, net soos al die ander,” het hy gesê. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.16/OZ UP +0.68% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.47% | Zinc US$ 2 863.10/T UP 2.02% | Brent Crude Oil US$ 87.33/BBP DOWN -0.0076 | Platinum US$ 906.27/OZ UP +0.46% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.16/OZ UP +0.68% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.47% | Zinc US$ 2 863.10/T UP 2.02% | Brent Crude Oil US$ 87.33/BBP DOWN -0.0076 | Platinum US$ 906.27/OZ UP +0.46%