Swapo se kleure, embleem nu00e9t syne
Swapo se kleure, embleem nu00e9t syne

Swapo se kleure, embleem nét syne

Die regerende party het gister teen kwaadpraters uitgevaar.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die regerende party kan stappe doen teen mense wat sonder toestemming in sy kleure en embleem in die openbaar pryk.

Só het me. Hilma Nicanor, Swapo se sekretaris van inligting en mobilisering, gister op ’n nuuskonferensie in Windhoek gesê.

Volgens haar is dit onaanvaarbaar vir sogenaamde onafhanklike kandidate om in die regerende party se kleure getooi in die openbaar te verskyn.

Sy sê dit is net Swapo wat die lot van Namibiërs positief en tasbaar kan verander.

Dít, meen sy, vermag hulle met behulp van “besliste ontwikkelingsprogramme”.

Die regerende party se rekord spreek vanself, het Nicanor gistermiddag onder luide toejuiging by die party se hoofkantoor gesê.

Gister se nuuskonferensie het ten doel gehad om die party se veldtog vir ’n komende tussentydse verkiesing op Ondangwa af te skop.

Dié verkiesing is meegebring nadat pres. Hage Geingob onlangs die party se raadslid vir die Ondangwa- stedelike kiesafdeling, mnr. Elia Irimari, as die goewerneur van die Oshanastreek aangewys het.

Sy voorganger, mnr. Clemens Kashuupulwa, is Namibië se nuwe ambassadeur na Rusland.

Nicanor het gister te vertel gehad Irimari het tydens sy termyn as raadslid “ongeëwenaarde tranformasie in alle ontwikkelingsdoelwitte” bewerkstellig.

Sy het geen voorbeelde hiervan verskaf nie.

Nicanor sê mnr. Leonard Sunday Negonga is afgevaardig as Swapo se kandidaat om die nuwe raadslid vir daardie kiesafdeling te word sou hy die verkiesing wen.

As oudburgemeester van Ondangwa is Negonga se rekord een waarop ’n mens trots kan wees, sê Nicanor.

Sy leierskap het toegesien dat Ondangwa ontluik het in die moderne ontwikkelende dorp wat dit deesdae is, het Nicanor gesê.

Sy het gesê die party het met skok verneem van onafhanklike kandidate wat veldtogte in die party se kleure van stapel stuur.

Sy sê die party wil niks te doen hê met dié kwaadpraters wat glo poog om ’n opskudding en verwarring te veroorsaak nie.

Nicanor het ’n beroep gedoen op lede van die party, veral diegene wat in die tussentydse verkiesing mag stem, “om hierdie desperate pogings te verwerp en waaksaam te bly teen alle soorte verwringings wat oor die potensiaal beskik om die party se vordering te ontspoor”.

Sy het geen name genoem nie, maar gesê hul navorsing kon tot in hierdie stadium nie dié mense se name op enige partyrekords opspoor nie.

Die tussenstydse verkiesing sal na verwagting aanstaande maand plaasvind.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!