Swapo neem dissiplinêre stappe teen lede

Stilswye oor “swartlys”

09 March 2017 | Politiek
Catherine Sasman - By Maandag se spesiale Swapo politburo-­vergadering is besluit om dissiplinêre stappe teen sekere lede vir beweerde wangedrag te neem.

Dié lede oortree glo die party se grondwet, maar doen hulself steeds as Swapo-lede voor.

Die party se sekretarisgeneraal, mnr. Nangolo Mbumba, wou Dinsdag by 'n mediakonferensie nie die name van diegene wat in die sop is, bekend maak tot hulle skriftelike kennisgewing van die dissiplinêre stappe ontvang het nie. Hy wou ook nie sê hoeveel lede vir dissiplinêre stappe oorweeg word nie.

Mbumba het gesê die vermeende “dwalende” lede sal mettertyd aangekla word. Daarby het die ­inligtingsekretaris, mnr. Helmut Angula, gesê die dissiplinêre stappe word geneem teen diegene wat “doelbewus” hul partylidmaatskap gebruik om partyhoofde en lede te beledig.

Die politburo, wat uit 26 lede bestaan wat die stigterspresident en oudpresident Sam Nujoma en Hifikepunye Pohamba insluit, het kommer uitgespreek oor die ­“formasie van nuwe bewegings deur bona fide-lede van die party en die blatante voortgesette minagting teenoor die partyleier­skap”.

Op Maandag se vergadering is onderneem om bepalings, reëls en prosedures van die party se grondwet, asook sy gedragskode toe te pas.

Die dissiplinêre komitee sal uit ses of sewe lede bestaan onder die voorsitterskap van die voormalige sekretaris­-generaal, mnr. Ngarikutuke Tjiriange.

Hoewel geen name verskaf is nie, blyk dit duidelik te wees dat stappe geneem gaan word teen diegene wat met die ­Beweging vir ­Grondlose Mense (LPM) verbind word.

Dit sluit in die ontsetelde adjunkminister van grondhervorming, mnr. Bernadus Swartbooi, mnr. Henny Seibeb en parlementslid, me. Ida Hoffmann.

Daar is ook gesuggereer dat ­dissiplinêre stappe moontlik teen die voormalige parlementslid, mnr. Kazenambo Kazenambo en die leier van die Regstellende Herposisionering (AR), mnr. Job Amupanda, asook die voormalige jeugliga-sekretaris, mnr. Elijah Ngurare, kan volg.

Seibeb het gesê hy het geen besonderhede oor wie voor die ­dissiplinêre komitee gaan verskyn nie.

Kazenambo, wat ook 'n lid van die politburo is, het gesê hy is nog nooit van 'n misdryf aangekla of as 'n rebel bestempel nie, omdat hy nog nooit aan 'n opstand binne of buite die land deelgeneem het nie.



'HEKSEJAG'

Amupanda het gesê die dreigende dissiplinêre proses is 'n poging om diegene wat aangedui het hulle het leier­skap-aspirasies, opsy te skuif in aanloop tot die ­partykongres in November.

Amupanda het onlangs aangedui hy is bereid om as kandidaat vir die posisie van sekretaris­generaal te staan.

Mbumba het gesê dit is “verregaande” om voor te stel dat lede van die politburo hul mag misbruik vir 'n heksejag.

Hy het kapsie gemaak teen 'n vraag wat gesuggereer het dat Swapo se topvier, pres. Hage Geingob, Mbumba, Laura McLeod-Katjirua en voormalige president ­Hifikepunye Pohamba, dubbele standaarde toepas ná gevind is hulle het nie die regte ­prosedures gevolg toe hulle drie AR-leiers geskors het nie.

Die politburo het ook die land se ekonomiese in­sinking bespreek.

Hulle het 'n beroep op die regering gedoen om kleinskaalboere te ­ondersteun sodat hulle produksie kan verhoog en dus werkge­leenthede en voedselsekuriteit kan verbeter.

Soortgelyk

 

Tronkmoordenaars gevonnis

4 ure gelede | Howe

In ’n uitspraak wat vanoggend in die hoërhof in Windhoek gelewer is, het regter Dinnah Usiku vir Herman Rukero (28), Benedictus Afrikaner (31) en Maleachi...

Weg met Wambo, eis Hardap

17 ure gelede | Regering

Catherine Sasman - Inwoners van regoor die Hardapstreek het gister in ‘n konvooi na Windhoek gery om ‘n klagskrif aan die minister van stedelike en...

Weer vir 22 Junie 2017

17 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig oor die //Kharasstreek, met ligte reën oor die verre suidelike dele van dié streek. Elders sal dit mooi weer...

Man vas oor lyk in vlak graf

17 ure gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht - ’n Man wat ’n klag van verkragting in die gesig staar, is in hegtenis geneem in verband met die moord van ’n...

DTA sleep Katjavivi hof toe

17 ure gelede | Regering

Catherine Sasman - Die amptelike opposisieparty, DTA van Namibië, sê dit gaan die Speaker van die Nasionale Vergadering, professor Peter Katjavivi, voor die hof te...

Mensehandel: Nóg kan sit

17 ure gelede | Vervoer

Francoise SteynbergTwee verdagtes, onder wie 'n werknemer van Air Namibia op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako, gaan vandag in verband met mensehandel in die landdroshof...

3 jaar tronkstraf vir korrupte raadslid

17 ure gelede | Misdaad

Die finansiële bestuurder van die Rehoboth dorpsraad wat verlede jaar op 11 klagte van korrupsie, bedrog en vervalsing in hegtenis geneem is, is in die...

Staatsaanklaer vas oor vermeende bedrog met verkeersboetes

17 ure gelede | Misdaad

'n Staatsaanklaer by die landdroshof op Otjiwarongo is met borgtog van N$2 000 vrygelaat nadat hy deur die Teenkorrupsiekommissie (ACC) op klagte van korrupsie in...

Ontwikkelingsbank skenk aan kinders

17 ure gelede | Plaaslik

Yolanda Nel - Die Ontwikkelingsbank van Namibië (DBN) het 'n skenking aan die kindersentrum Hope Village gemaak wat vir hul groentetuin aangewend gaan word.Mnr. Martin...