Swapo u2018moet China se voorbeeld volgu2019
Swapo u2018moet China se voorbeeld volgu2019

Swapo ‘moet China se voorbeeld volg’

Die wêreld se politieke party wat die langste aan bewind is, het onlangs wenke met Namibië se regerende party gedeel.
Augetto Graig
Augetto Graig - China se Kommunistiese Party (CPC) is al ’n honderd jaar oud en reeds 70 jaar aan bewind in dié reuseland met meer as ’n miljard mense.

Sedert 1949, toe die party die leisels oorgeneem het en die per capita-inkomste US$27 was, het China opgestaan en sy plek as tweede grootste ekonomie ter wêreld volgestaan.

Tans is die per capita-inkomste US$234.

Mnr. Zhang Yiming, China se ambassadeur in Namibië, raai Swapo aan om dié suksesresep te volg.

Hy het die afgelope Vrydag ’n simposium vir die Chinese Mense se Vereniging vir Vrede en Ontwapening (CPAPD) en die Namibië Instituut vir Demokrasie (Nid) oor sosialisme en verhoudings tussen China en Namibië toegespreek.

Mnr. Zhou Li, die CPAPD se adjunkpresident en Chinese diplomaat, was ook teenwoordig.

Die simposium is by die Safari Hotel in Windhoek gehou, waar Swapo die afgelope naweek ook sy interne verkiesing gehou het.

Met meer as 19 miljoen partylede is die CPC die grootste politieke party ter wêreld.

In 2021 sal die party sy honderdste bestaansjaar vier.

Yiming sê China is aan ’n mensgeoriënteerde benadering toegewy.

Teen 2020 wil China ’n welvarende samelewing wees.

“Enige regering moet altyd hard werk aan die mense se strewe na ’n beter lewe,” het hy gesê.

Om dit te kan regkry, moet die party die land se leiers bly. Yiming sê die CPC is so lank aan bewind omdat hy toegewy is aan goeie bestuur.

“Ons dwing partydissipline voortdurend af en verdra geen korrupsie nie,” het hy gesê.

Yiming sê die party het sedert 2012 ’n reeks teenkorrupsieveldtogte van stapel gestuur en meer as 200 topamptenare voor die gereg gedaag, asook meer as 14 000 partylede.

“Korrupsieklagte is gelê en die skuldiges is gestraf,” het hy gesê.

“Selfdissipline en ’n duidelike beleid is hoe die CPC sy steun behou en hoe die party sy leierskap verbeter.”

Volgens Yiming is die party tans die langste ter wêreld aan bewind.

“Ons bly getrou aan die pad van vreedsame ontwikkeling om ’n samelewing vir die hele mensdom te bou,” het hy gesê.

“Ons leef in die tyd van die wêrelddorp en niemand kan sonder interaksie met mekaar oorleef nie. Ons het een planeet wat soos een dorpie is. China se ontwikkeling baat by die internasionale gemeenskap en ons hoop die wêreld sal saam ontwikkel,” het hy gesê.

“Ons nooi Namibië en die hele Afrika en al die ontwikkelende lande uit om dié goue geleenthede aan te gryp. Ons beplan byvoorbeeld die tweede Shanghai-invoer- en -uitvoergeleentheid in November. Dit is ’n wonderlike geleentheid vir Namibiese entrepreneurs en sakelui. Dit is ’n nuwe platform om Namibiese produkte te bevorder,” het Yiming gesê.

Volgens die ambassadeur fokus China nie net op sy eie ontwikkeling nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!