Swapo miljoene kwyt
Swapo miljoene kwyt

Swapo miljoene kwyt

Die regerende party se knou in verteenwoordiging in die Nasionale Raad én die Nasionale Vergadering sal hom 'n gesamentlike verlies aan inkomste van meer as N$19 miljoen kos.
Yandi Du Plessis
Ogone Tlhage



Die regerende party gaan N8,9 miljoen verloor nadat die party 12 setels in die Nasionale Raad (NR) tydens die 2020-verkiesing verloor het.

Intussen kan opposisiepartye 'n finansiële hupstoot verwag vir die parlementêre voorwaardes wat hersien word, danksy hul prestasies in verlede jaar se plaaslike en streekraadsverkiesings.

Politieke partye, organisasies en onafhanklike kandidate sal jaarliks N$745 000 ontvang vir elke setel wat in die Nasionale Vergadering (NV) en Nasionale Raad gehou word.

Die woordvoerders van onderskeidelik die ministerie van finansies en die NR, mnre. Tonateni Shidhudhu en Momley Mushendje, het dit bevestig.

Die syfers is gebaseer op die besnoeiing van finansiering wat aan die parlement in die 2021-'22-boekjaar toegestaan is vir die aantal setels in die NV en die NR.

Die ministerie van finansies het N$102,7 miljoen om aan politieke partye, organisasies en onafhanklike kandidate toe te wys.



UITEENSETTING

Ná Swapo se vertoning tydens die NV-verkiesings in 2019 – toe hy 14 setels verloor het – en die bykomende 12 in die NR ná die 2020-streekraadverkiesing, sal die party se gesamentlike verlies N$19,3 miljoen beloop.

Die party sal na verwagting 'n gesamentlike parlementêre finansiering van N$67,8 miljoen ontvang – 'n reusevermindering van die N$96 miljoen die vorige kwartaal.

Die Popular Democratic Movement (PDM) sal na verwagting 'n bykomende N$1,49 miljoen ontvang nadat die party 'n bykomende twee setels in die NV verower het.

Die Landless People's Movement (LPM) se finansiering vir die finansiële jaar sal met N$4,47 miljoen groei as gevolg van die bykomende ses setels wat hy nou in die NR beklee.

Die Independent Patriots for Change (IPC) sal 'n beduidende N$1,49 miljoen ontvang vir sy eerste jaar van verteenwoordiging in die NR nadat hy twee setels in verlede jaar se verkiesing verower het.



BEVORDER DEMOKRASIE

Die politieke kommentator mnr. Ndumba Kamwanyah sê politieke partye moet die finansiering gebruik om demokrasie te bevorder – om politieke agendas te dryf.

“Finansiering was voorheen 'n probleem vir politieke partye; dit het die werwingsproses belemmer. Meer finansiering kan werwingsprogramme en -aktiwiteite 'n hupstoot gee,” het hy gesê.

Hy het 'n beroep op partye gedoen om die fondse wat aan hulle toegeken word verantwoordelik te gebruik.

“Dit is nie hulle geld nie, dit is ons landsburgers se geld wat hulle moet gebruik om demokrasie te bevorder,” het hy gesê.

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het in 2019 dié finansiering bevraagteken wat aan politieke partye toegeken word.

“Die skielike toename in partyfinansiering deur die regering was op 'n tydstip wat die Namibiese regering finansieel reeds swaar getrek het,” is destyds gesê.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!