Swapo-manifes wek agterdog

Wysigings in die vooruitsig

10 October 2019 | Politiek
Catherine Sasman - Swapo se uitvoerende ­direkteur, mnr. Austin Samupwa, het ontken die party se ver­kiesingsmanifes vir vanjaar se ­verkiesing bevat voorstelle oor borgtog, boetes en die finalisering van sake in Namibiese howe.

“Dit is die Regstellende Herpo­sisioneringsbeweging (AR) se ­propaganda,” is Samupwa se verweer.

Die AR-leier, mnr. Job Amupanda, het dít by navraag ontken.

“Hy (Samupwa) moet 'n afskrif van die manifes wys wat dít weerspreek waaroor joernaliste geskryf het. Austin is 'n liggewig en is nie my reaksie en tyd werd nie,” het Amupanda hierop gesê.

Die omstredenheid het ontstaan nadat Amupanda glo die inhoud van die manifes as volg in die sosiale media aangehaal het: “ . . . die Swapo-geleide regering sal in die volgende vyf jaar op die finalisering van 445 hangende sake fokus en sal strenger borgtogvoorwaardes, boetes en strawwe vir korrupte praktyke afdwing . . . ”

Gelys onder “pligte” in die manifes en onder die opskrif “heerskappy en maatskaplike geregtigheid” sê dit die party gaan onder meer “strenger borgtogvoorwaardes, boetes en strawwe vir korrupte praktyke” toepas.

Dit sê ook die party is toegewy aan die “finalisering van die 445 hangende sake”.

Samupwa het nie hierop gereageer toe hy met 'n afskrif van die manifes gekonfronteer is, wat nog nie aan die media beskikbaar gestel is nie.

Die direkteur van die Regshulpsentrum (LAC), me. Toni Hancox, sê verpligtinge sal “beslis neerkom op inmenging met die regbank in die algemeen en in terme van die verskanste regte van die beskuldigdes kragtens artikel 7 van die Grondwet – die be­skerming van vryheid – en artikel 12”.

Artikel 7 bepaal “niemand mag van hul persoonlike vryheid ontneem word tensy volgens prosedures wat deur die reg bepaal word nie”.

Artikel 12 bepaal elkeen is geregtig op 'n regverdige en openbare verhoor deur 'n onafhanklike, onpartydige en vaardige hof of tribunaal deur die wet gevestig.

Hancox stel ook voor die Swapo-­party kyk na artikel 78(2) en (3).

Artikel 78 het betrekking op die regbank en bepaal regsmagte is in ­Namibiese howe gevestig, wat die hooggeregshof en die hoërhof insluit.

Hancox sê dié bepaling in die Namibiese Grondwet is “duidelik nie in ag geneem nie” – tensy die party beoog om dit te wysig, soos voorheen reeds gedoen is.

Sy het na die wysiging aan die Wet op Regspraktisyns van 1995 verwys, wat gekritiseer is omdat dit so verander is om die weg te baan vir die aanstelling van me. Martha Imalwa – wat toe nie 'n praktiserende regsgeleerde was nie.

“Die regbank moet sy mandaat vrylik en sonder voorkeur uitvoer,” het Hancox beklemtoon.

Nog 'n regsgeleerde verbonde aan die LAC het gesê die regerende party moet daaraan herinner word daar is 'n verskil tussen dié party en die regbank.

'n Ander het opgemerk die manifes is moontlik net swak bewoord en Swapo bedoel dalk wette sal geïmplementeer word wat dié veranderinge sal ­toelaat.

Soortgelyk

 

Spuite, pille nie by klinieke

10 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Tekorte aan voorbehoedmiddels wat voorbehoedpille en –inspuitings insluit, word tans by openbare gesondheidsgeriewe in die land ondervind.Die direkteur van die ministerie van...

Sakkepakke op Lüderitz

10 ure gelede | In beeld

Tanja Bause - Die eerste trein in meer as 20 jaar het Lüderitz in Augustus vanjaar binnegery. Die trein, wat uit twee lokomotiewe en 20...

Gróót oë op Jan Taks

10 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré DuddyVerbruikers wat voortaan BTW van 15% op suiker sal moet betaal, is een van die rits belastingaankondigings wat in vanmiddag se halfjaar-begrotingshersiening verwag word.Kenners...

Drie dae, sewe kinders glo verkrag

10 ure gelede | Misdaad

Sewe minderjarige meisies, waarvan die jongste vier en die oudste 15 jaar oud is, het na bewering binne ’n kwessie van drie dae die jongste...

Pushing the boundaries

10 ure gelede | Skole

Ester Kamati “I enjoy coming up with ideas, often random, often impractical, but occasionally valuable,” says young businesswoman of the year Hilja Eelu. Eelu is...

Children need to move

10 ure gelede | Onderwys

Children spend the majority of their day sedentary, behind desks or in front of a screen.The power of movement has been stolen from these children....

Weer vir 22 Oktober

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Noordooste, andersins sonnig en baie tot bloedig warm. Winderige toestande sal oor die binneland voortduur. KUS: Gedeeltelik...

Elke refleks ’n spesifieke doel

10 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - Primitiewe refleksbewegings wat baba vanaf bevrugting en dwarsdeur hul eerste lewensjaar uitvoer, bedraad die brein en versterk die liggaam.Vir elke refleks is...

Japannese keiser bestyg vandag die troon

10 ure gelede | Gebeure

Ronelle Rademeyer - Terwyl vanjaar se Rugbywêreldbeker sy einde nader met die halfeindstryde wat die naweek gespeel word, is die wêreld vandag ook getuie tot...