Swapo kry vuur van binne

Vir die eerste keer in Namibië se politieke geskiedenis gaan ’n onafhanklike kandidaat poog om die land se volgende president te word.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die tandheelkundige dr. Panduleni Itula is onversetlik – hy weier om uit Swapo te bedank ondanks kritiek dat hy twee base dien.

Itula is Vrydag by die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) as onafhanklike presidensiële kandidaat vir die komende nasionale verkiesing bekragtig.

Hiermee kom hy onder meer te staan teen pres. Hage Geingob, Swapo-president en huidige staatshoof, en mnr. McHenry Venaani, president van die Popular Democratic Movement (PDM).

Volgens Itula dra hy die welstand van “die ganse Namibië” op die hart – ongeag hul politieke of geloofsoortuigings.

Hy beoog glo om inwoners se waardigheid kragtens artikel 8 van die Grondwet te herstel.

Swapo voel glo ’n veer

Swapo het Vrydag by monde van sy sekretaris-generaal (SG), me. Sophia Shaningwa, gesê Itula se bevestiging as onafhanklike kandidaat het niks met hulle te doen nie. “Nee, nee, nee, dit is nie my besigheid nie. Hoekom moet dit my besigheid wees?”

Sy meen die regerende party het geen probleem met onafhanklike kandidate mits hulle nie onder die vaandel van Swapo hul ding doen nie.

“Hy is ’n onafhanklike kandidaat – onafhanklik, onafhanklik, onafhanklik. So, die Swapo-party het geen kwessies met ’n onafhanklike kandidaat nie, solank ’n onafhanklike kandidaat nie onder Swapo se vlag is nie.”

Shaningwa moes haar Vrydagoggend in haar eie woorde onder polisiebegeleiding terughaas Windhoek toe nadat sy reeds naby die Internasionale Lughawe Hosea Kutako was op pad Gobabis toe, waar Swapo die naweek ’n byeenkoms gehou het.

Die voorsitter van die ECN, adv. Notemba Tjipueja, het gesê Shaningwa moes fisiek teenwoordig wees om Geingob as gemagtigde verteenwoordiger van die party as hul presidentskandidaat te bevestig.

Die SG het kort voor die 11:00-spertyd by die ECN se hoofkantoor aangehaas gekom.

“Hulle’t gedink hierdie is nou ’n baie goeie geleentheid vir hulle om gou die land oor te neem, omdat die groot olifant nie in die huis was nie en al die klein muise toe hul plek kon afbaken.”

Namibiërs gaan oor minder as 40 dae stembus toe om vir ’n nuwe staatshoof en lede van die Nasionale Vergadering te stem.

Ofskoon wetgewing voorsiening maak vir onafhanklike politieke kandidate om aan ’n verkiesing deel te neem, is kenners dit eens daar is moontlike struikelblokke in die praktyk.

Boonop, maan kundiges, is dit oneties om twee base terselfdertyd te dien.

Me. Yvonne Dausab, voorsitter van die Kommissie van Regshervorming en -ontwikkeling (LRDC), sê die grondwetlike bepalings kan geag word oop vir interpretasie te wees.

Sy sê die Grondwet maak die deur oop vir onafhanklike kandidate omdat die grondwetskrywers demokrasie wou beliggaam.

Kragtens artikel 28 (4) van die Grondwet mag enige geregistreerde party ’n presidentskandidaat benoem.

Hiernaas, lui dieselfde bepaling, mag “enige persoon wat deur ’n minimum aantal geregistreerde kiesers ondersteun word soos deur ’n parlementêre wet bepaal word geregtig wees om as (presidents)kandidaat benoem te word”.

Itula het na wat verneem word 500 handtekeninge van geregistreerde kiesers in elk van die 14 streke bekom.

Dausab het onlangs in ’n paneel gedien wat die kwessie op Talk of the nation, ’n weeklikse paneelbesprekingprogram op NBC, onder die loep geneem het.

Die ander paneellede was dr. Charles Mubita, ’n politieke ontleder, dr. Victor Tonchi, die voormalige voorsitter van die ECN, en me. Emilia Theofelus, ’n jeugaktivis en kandidaatprokureur.

Mubita, veral, het gemeen dit is oneties om twee base terselfdertyd te dien.

Tonchi wou weet hoe ’n onafhanklike kandidaat stemme gaan werf en selfs al sou hy aan bewind hom, uit wie sy parlement saamgestel sal word.

Die paneellede was van mening ’n lid van ’n party wat ook as ’n onafhanklike kandidaat wil staan, skep botsende belange.

So ’n mens beskik oor binnekennis van die party en het toegang tot hulpbronne wat hy of sy dan tot hul voordeel as onafhanklike kandidaat kan uitbuit.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.81 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.38/OZ UP +0.43% | Copper US$ 4.52/lb UP +2.00% | Zinc US$ 2 887.00/T UP 2.87% | Brent Crude Oil US$ 88.24/BBP UP +0.28% | Platinum US$ 901.71/OZ DOWN -0.0005 Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.81 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.38/OZ UP +0.43% | Copper US$ 4.52/lb UP +2.00% | Zinc US$ 2 887.00/T UP 2.87% | Brent Crude Oil US$ 88.24/BBP UP +0.28% | Platinum US$ 901.71/OZ DOWN -0.0005