Swapo-kongres kom in November
Verskeie aktuele sake is deur Swapo se sentrale komitee bespreek toe dit Saterdag in Windhoek vergader het.
Estelle de Bruyn - Die regerende Swapo-party sal vanaf 23 tot 26 November vanjaar sy sesde gewone kongres aanbied.
Dit volg nadat die politburo van die party se aanbeveling in die verband deur die sentrale komitee tydens sy vergadering Saterdag in Windhoek aanvaar is.
By die sentrale komitee-vergadering het pres. Hage Geingob ‘n beroep op lede van die party gedoen om verdraagsaam teenoor mekaar te wees, respek vir mekaar te betoon en uiteenlopende gedagtes te aanvaar.
In die verlede was die aanloop tot Swapo-kongresse, hetsy gewone of buitengewone kongresse, gekenmerk deur heelwat interne partypolitiek met ‘n geneigdheid tot faksievorming.
Met weerbarstige jeugdiges in die party wat veral oor die kwessie van landelike en stedelike grond die regering die afgelope jare telkens voor stok gekry het, beloof die aanloop tot vanjaar se kongres om nie veel anders as in vorige jare te wees nie.
By die naweek se vergadering van die sentrale komitee het Geingob lede daaraan herinner dat die party die mense van Namibië belowe het om dit tot ‘n ontwikkelde land te hervorm. Hy het lede van die sentrale komitee aangemoedig om die regering by te staan om daartoe verbind te wees om die lewensgehalte van alle Namibiërs te verbeter.
“Ná 27 jaar van vrede en stabiliteit sien die mense na die Swapo-leierskap op om die land in die rigting van ekonomiese emansipasie te stuur,” het Geingob gesê.
Die sentrale komitee het ook met kommer kennis geneem van die huidige ekonomiese toestand in die land en ook van stappe wat die regering verlede jaar gedoen het om die mediumtermyn-bestedingsraamwerk in pas met die verminderde inkomste te bring. Die regering is aangeraai om op ‘n volhoubare, fiskale trajek te bly.
Die mense van Namibië is voorts aangeraai om ‘n spaar-kultuur te aanvaar en binne hul vermoëns te leef, veral in knellende ekonomiese tye. Regeringsmaatreëls om korrupsie en die wanbestuur van staatsbronne hok te slaan, is verwelkom.
Die sentrale komitee het ook met dank kennis geneem van die goeie reën wat vanjaar geval het en baie mahango- en mielieboere in staat gestel het om surplus-oeste te produseer. Die regering is aangeraai om die surplusproduksie op te koop ten einde boere aan te moedig om selfs harder te werk sodat behoeftiges met plaaslik geproduseerde kos gevoed kan word.
Die sentrale komitee is ook ingelig oor die regering se rol in die onderhandelinge met die Duitse regering oor die volksmoord. Steun is aan die regering toegesê vir pogings om geregtigheid te kry namens diegene wat op die een of ander manier deur die volksmoord geraak is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie