Swanu: Grondwet moet verander

'Geleentheid vir verandering'

10 August 2018 | Politiek
Augetto Graig



Swanu se parlementêre verteenwoordiger, mnr. Usutuaije Maamberua, dring daarop aan dat die Grondwet aangepas word om voorvaderlike grondregte te beskerm.

Volgens hom is die komende tweede nasionale grondkonferensie die ideale geleentheid om hierdie voorstel te bevorder.

Maamberua het Woensdag by 'n nuuskonferensie in die hoofstad gesê voorvaderlike grondregte is die werklike rede waarom 'n nasionale grondkonferensie genoodsaak is.

“Hoe kan ons met die grondkonferensie voortgaan as voorvaderlike grondregte deur sekere lede van die samelewing eenkant gestoot word?” het hy gevra.

Hy het ook 'n beroep op die regering gedoen om hul standpunt oor voorvaderlike grondregte duidelik uiteen te sit.

Maamberua het voorgestel die parlement implementeer dit, en dat dit van 1883 af geld, wat besluitneming oor voorvaderlike grondregte betref.

Dié spesifieke jaar is gekies omdat dit vóór die Duitse regering se besluit was om Adolf Lüderitz se grondeise in 1884 te verdedig, het Maamberua gesê.

Die veteraanleier het gesê dit skep probleme om Namibië as 'n land te sien waar die werklikhede van die verlede nie die huidige samelewing raak nie.

“Die verskeie ervarings van grondonteiening moet ons pogings beïnvloed om regverdig oor grond te wees as ons vrede en harmonie in Namibië wil sien,” het hy gesê.

“Ons kan nie deur die behoefte aan vrede verblind word, terwyl ons reg op voorvaderlike grond afgekeur word deur verskeie regeringskemas nie, soos in die geval van die hervestiging van mense op ons grond, wat nooit grond verloor het nie,” het hy gesê.

Maamberua het gesê voorvaderlike grondregte word nie in Namibië deur die regstelsel of die Grondwet beskerm nie.

Slegs die minderhede se grondregte word beskerm, terwyl tot 98% van Namibiërs geen reg op grond het nie, het hy gesê.

Maamberua het onder meer verwys na die lot van die ­Bondelswarts-, ­Khauas-, San-, Hai||om-, Topnaar- en Ovatue-gemeenskap, wie se grondregte voortdurend ondermyn word.

Wat hierdie minderhede daagliks ervaar, is gelykstaande aan interne kolonialisme, het hy gesê.

“Veral die San word aan groepshervestigingskemas onderwerp wat dieselfde as moderne konsentrasiekampe is,” het hy gesê.

Boonop word hul klein tuiste op Tsumkwe gedurig deur sterker en ryker Namibiërs met ernstige nagevolge binnegedring.

“Die regering word daarvan beskuldig dat hy aandadig daaraan is omdat hy nie sy mag gebruik om dit te staak nie,” het Maamberua gesê.

“Dit is duidelik inheemse minderhede se grondregte word nie deur politieke mag beskerm nie, en moet daarom deur die Grondwet verseker word,” het hy gesê.

Maamberua het gesê dit is ­moontlik om die voorvaderlike grondregte van hierdie minderhede te beskerm sonder om regverdigheid in te boet.

Hy stel voor spesifieke inheemse wetgewing word opgestel, wat voortvloei uit grondwetlike voorsiening.

“Tot 'n mate sal die insluiting van so 'n voorsiening in die Grondwet Namibiërs ook toelaat om iets te doen om die status van inheemse mense in Namibië te erken,” het hy gesê.

Soortgelyk

 

Windhoek se baas in die pad gesteek

17 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting – Windhoek se uitvoerende hoof, mnr. Robert Kahimise, is geskors.Republikein verneem dié skorsing sal vir minstens drie maande geld.Die wending kom te midde...

Swaar reën, oosweer kom dalk môre

18 ure gelede | Omgewing

Swaar reën word vir môre op plekke oor die sentrale noorde, die Kunene-, Erongo-, westelike Otjozondjupa- en Khomasstreek voorspel, terwyl oosweer na verwagting vanaf môre...

'Barbaarse' olifantjag skaad Namibië se beeld

1 dag gelede | Plaaslik

Denver Kisting Namibië is opnuut internasio­naal in die sop nadat 'n video oor 'n wrede olifantjag die ­afgelope week aan die lig gekom het.'n Storm...

Elite hervestig, sê ontevrede aansoekers

1 dag gelede | Plaaslik

Catherine Sasman - Redes vir die ministerie van grondhervorming se besluit om die plase Felseneck (nr. 26) en Okanatjikuma (nr. 26) aan die beslote korporasie...

Utoni hou voet by stuk oor Rus

1 dag gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer Die minister van grondhervor­ming, mnr. Utoni Nujoma, het Vrydagmiddag aan joernaliste herhaal wat hy die vorige middag aan parlementariërs gesê het, naamlik dat...

Huurbeheer binne drie weke ingestel

1 dag gelede | Plaaslik

Augetto Graig - Die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) sê hy het daarin geslaag om die regering tot die instel van huurbeheerrade te dwing.In huurordonnansie nommer 13...

Skole, koshuise is ‘kraamsale’

1 dag gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Die enigste oplossing vir die terugbrenging van morele waardes en om tienerswangerskappe hok te slaan, is die herinstel van Bybelstudie by skole...

Streeksowerhede nou verantwoordelik vir waterverskaffing, sanitasie

1 dag gelede | Ministeries

Die ministerie van landbou, water en bosbou se waterverskaffing- en sanitasiekoördinasie-funksie sal voorts op streeksvlak hanteer word. Die funksies onder meer die identifisering van plekke...

Simataa bekommerd oor kubermisdaad

1 dag gelede | Ministeries

Denver Kisting – Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Stanley Simataa, sê die prys van tegnologie is aanlyn misdaad.Hy het verlede week in die...