Swanger vrou deur seekoei aangeval
'n Swanger vrou (29) is ernstig beseer nadat sy gister deur 'n seekoei in die Kavangorivier by die Rupara-nedersetting in die Kavango-Wesstreek aangeval is.
Me. Christine Ndumba van Rupara is in die Rundu-staatshospitaal met beserings aan haar linkerbeen en 'n gebreekte linkerarm.
Ndumba is op die oewer van die Kavangorivier aangeval. Sy het vertel dat die seekoei haar van agter aangeval het toe sy water vir haar tuin gaan haal het.
"Die seekoei het uit die riete gekom, my aan my linkerhand gegryp en die water ingesleep. Dit het my aan my linkerbeen gebyt nadat ek met dit gestoei het," het sy aan Nampa uit haar hospitaalbed gesê.
Sy sê ná die aanval het die seekoei oor die rivier geswem en sy het na haar man om hulp geroep. Hy en drie mans het tot haar redding gekom en haar na die kliniek toe gevat.
Sy is later na die Rundu-staatshospitaal oorgeplaas en in 'n stabiele toestand.
Die Namibiese polisie se koördineerder vir misdaadondersoeke in die streek, adj.komm. Rudolf Mbumba het gesê die seekoei het die afgelope tyd die inwoners van die nedersetting geterroriseer. Die seekoei het al ander inwoners aangeval, alhoewel niemand beseer is nie. - Nampa
Foto Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie