Swakopmunder skuldig aan seksdade
Swakopmunder skuldig aan seksdade

Swakopmunder skuldig aan seksdade

Die dade wat ’n kusinwoner met minderjarige meisietjies gepleeg het, wás kinderhandel en strafregtelik onwelvoeglik.
Denver Kisting
Denver Kisting – ’n 42-jarige man van Swakopmund is die afgelope week op vyf klagte van kinderhandel en vyf alternatiewe klagte van onwelvoeglike dade met kinders skuldig bevind.

Terselfdertyd het regterpresident en adjunkhoofregter Petrus Damaseb vir Bertus Koch onskuldig bevind aan vyf klagte van verkragting.

Damaseb het Dinsdag in die hoërhof in Windhoek gesê dié was ’n ingewikkelde saak.

Behalwe dat die getuienis swak was wat die staat tydens die verhoor gelei het, was die polisieondersoek eweneens power, het regter Damaseb gesê.

Gevolglik kon die klagte van verkragting teen die beskuldigde nie bo redelike twyfel bewys word nie, het Damaseb gesê in sy uitspraak wat 59 bladsye beslaan.

Grieselrige besonderhede het vroeër in die hof ontvou oor hoe Koch voor minderjarige meisies gemasturbeer en in ’n broodsak geëjakuleer het.

Ten minste twee van die vyf meisies het fyn besonderhede oor dié spesifieke voorval onthul.

Volgens Damaseb sou dit moeilik wees vir twee meisies om súlke detail uit hul duim te suig.

Ten tye van die voorvalle was die meisies onderskeidelik nege, 11, 12 (twee meisies) en 13 jaar oud.

Hulle het in uiterste armoede saam met Koch in DRC, ’n informele nedersetting aan die buitewyke van die vakansiedorp, gewoon.

Volgens Damaseb word kinderhandel kragtens die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad en ’n Verenigde Nasies-protokol hanteer.

Hiervolgens word dié misdaad gepleeg wanneer iemand gehuisves word, of wanneer kinders ontvang word, vir die doel om hulle veral seksueel uit te buit.

Damaseb het gesê die weergawes van die meisietjies was in die algemeen inkonsekwent wat wesenlike aspekte van die beweerde gebeure betref.

Koch, wat werkloos is, het tydens die begin van sy verhoor onskuldig gepleit op alle klagte teen hom.

Hy vermoed twee van die kinders se ma’s koester wrokke teen hom en het daarom die kinders opgesteek.

Een ma, het hy beweer, was dalk gegrief omdat hy nie in ’n romantiese verhouding met haar betrokke wou raak nie.

Die ander een was glo onbeïndruk oor geld wat hy aan haar geleen en later teruggevra het.

Hoewel hy erken het hy het dikwels die kinders gestuur om vir hom sigarette of tabak te koop, het hy hulle nie verkrag of enige wandade met hulle gepleeg nie, het hy gesê.

Hy het dikwels optelkos met die kinders gedeel en vir van hulle ’n bietjie kontant – maksimum N$3 – gegee wanneer hulle vir hom sigarette en tabak gaan koop het.

Luidens hul getuienis het hy hulle dikwels na sy sinkhuis genooi, die deur gesluit en seksuele dade met hulle gepleeg.

Hulle beweer onder meer Koch het tydens verskeie geleenthede nadat hy sy eie en hulle klere uitgetrek het, babaolie aan sy geslagsorgaan gesmeer en hulle probeer penetreer en suggestiewe bewegings met sy lyf uitgevoer.

Koch het erken daar hang portrette van kaal vroue teen sy sinkhuis se muur en dat die kinders dit tydens hul kuiers by hom sou kon sien.

Volgens hom het hy dié portrette op ’n vullishoop opgetel en wou dit in ’n stadium verkoop.

Hy het dit teen die muur opgehang sodat die rame nie beskadig moet word nie, het hy aangevoer.

Hoewel die verkragklagte teen Koch vanweë teenstrydige weergawes misluk het, was Damaseb van mening die wellustige en onkuis dade was genoeg om Koch vir kinderhandel aan die pen te laat ry.

Damaseb het benadruk daar is onduidelikheid oor wanneer die beweerde dade plaasgevind het. Daar is beweer die voorvalle het tussen November 2015 en Maart die daaropvolgende jaar afgespeel.

Ook, het die regter gesê, was daar geen fisieke getuienis om die beweerde gedwonge seks te staaf nie.

Verkragting, het hy gesê, vereis fisieke kontak. “Die hof bevind dus dat dit onveilig is om die beskuldigde aan verkragting skuldig te bevind, gegrond op die klaers se getuienis.”

Die staat het egter bewys Koch is skuldig aan die alternatiewe klag van die pleeg van ’n seksuele daad met ’n kind onder 16 jaar.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!