Swakopmund: Regeringsmotor bots glo teen kliniek
‘n Wit bakkie met ‘n regeringsregistrasienommer het, na wat verneem word, vanoggend omstreeks halfvier in die Swakopmund Vet Clinic vasgery en ernstige skade aan die motor, asook die gebou aangerig.
Nampol se speurhoofinspekteur Jacobus Viljoen op Walvisbaai kon nog nie verdere inligting oor die voorval gee nie, maar het bevestig dat ‘n klag in verband met die saak ingedien is. Hy het gesê hy is in besit van die nodige video-materiaal, asook foto’s van die voorval.
‘n Video van ‘n kamera wat van die dorp se Spar-inkoopsentrum op die kruising van Mandume Ndemufayo en Tobias Hainyeko-straat afkyk, wys hoe ‘n wit motor Vrydag om 04:23 oor ‘n stopstraat jaag sonder om stil te hou - in die rigting van die kliniek.
Die motor verdwyn op die video uit sig en die ongeluk is nie duidelik te sien nie. Die video is intussen wyd in sosiale media versprei.
Die Swakopmund Vet Clinic se bestuur het vanoggend gesê hulle is nog besig om die toneel op te ruim en sal eers later kan vasstel hoe groot die skade is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie