Swakopmund kry teater-inspuiting
Swakopmund kry teater-inspuiting

Swakopmund kry teater-inspuiting

Lloyd Zandberg
As jy dié naweek niks het om te doen nie, gaan beleef die wel en wee van Jerry en Peter op Swakopmund.

Bank Windhoek bied met trots aan The Zoo Story, ‘n Lab Theatre-produksie deur Aldo Behrens, David Ndjavera en Keamogetsi Joseph Molapong.

Hierdie produksie, wat op die wêreldbekende Amerikaanse teaterskrywer Edward Albee se werk gebaseer is, gaan op Saterdag 24 November (?) en Sondag 25 November (??) by die Haus Der Jugend op Swakopmund opgevoer word.

“Dit is ‘n eenbedryf wat isolasie, alleenwees en misverstande in ’n materialistiese wêreld verken,” het Behrens verduidelik.

The Zoo Story bestaan uit twee karakters: Peter, wat deur Molapong vertolk word, en Jerry, wat deur Njavera vertolk word.

Dit lyk of Peter sy lewe agtermekaar het.

Sy familie en algehele welstand is stabiel. In teenstelling hiermee is Jerry se lewe ietwat van ‘n gemors en hy verstaan nie hoekom nie.

Die twee karakters ontmoet by die dieretuin, waar Jerry daarop aandring om met Peter te gesels, terwyl Peter net daar is vir sy ontspanning.

“Wat daarop volg, is vol drama en spanning,” het Behrens verder gesê.

The Zoo Story het in Oktober vanjaar sy verskyning by die Tinnenpot-teater in Gent, in België, gemaak waar die produksie deel van die Afrikaanse Week was. Die Universiteit van Gent is die dryfkrag agter hierdie oorspronlike projek.

Ander eenbedrywe en Lab-toneelstukke wat deur Behrens, Ndjavera en Molapong geskryf en geproduseer is, sluit The Scars on My Skin, A Whale in Goreangab, Race en A Rhino Horn in.

Vir meer inligting oor hierdie optrede, kontak die Swakopmunder Buchhandlung by +264 64 402 613 of vir Aldo Behrens by 081 236 7491 ([email protected])

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!