Swakop se vuurtoring bewaar

Erwin Leuschner – Swakopmund se estetika-komitee het die nuutste ontwerp vir ’n beplande ontwikkeling by die dorp se voormalige binnenshuise swembad afgekeur.

Dít omdat ’n nuwe vuurtoring hiervolgens gebou sou word, wat glo nie by die stad se beeld pas nie.

Die toekoms van dié eiendom by die Mole is tans onseker.

Jimmy Construction, die boukontrakteur wat die beplande ontwikkeling ontwerp het en in Maart vanjaar vir goedkeuring voorgelê het, sal die ontwerp hersien ná die jongste voorstel verwerp is.

Volgens die aanvanklike voorstel sou die gebou se hoogte van 40 m tot 30 m verminder, en die nuutste ontwerp sluit die bou van ’n nuwe vuurtoring in.

Aanvanklik het ingeligte bronne gesê daar is met Namport ooreengekom ’n nuwe toring sou gebou word omdat die bestaande vuurtoring vir Namport ’n “doring in die oog” is. Die vuurtoring word boonop as monument beskerm, wat die modernisering of herstel daarvan bemoeilik.

“Dit is nie heeltemal waar nie,” sê mnr. Elzevier Gelderbloem, ’n hawe-ingenieur by Namport.

Hy het ook gerugte ontken dat die vuurtoring in onbruik is.

“Die vuurtoring word elke dag gebruik,” sê hy, en voeg by Namport is nie teen die bou van ’n nuwe toring gekant nie.

“Indien die boukontrakteur ’n nuwe, moderne toring bou, sal hy skepe in die toekoms met navigasie bystaan.”

Gelderbloem het verseker die bekende Swakopmundse landmerk sal in stand gehou word.

Die ontwikkeling op die perseel wat voorheen as Sur la Plage bekend was, het al dikwels opslae gemaak.

In Desember 2007 het Jimmy Construction die eerste ontwerp vir dié ontwikkeling aan die gemeenskap voorgelê.

Die gebou sou 40 m hoog wees – die eerste hoë gebou op Swakopmund – maar dié plan is afgekeur.

Namport het beswaar aangeteken omdat die hoogte van die beplande gebou die vuurtoring se ligsein sou blokkeer.

Die lig is volgens Gelderbloem 35 m bo seevlak.

“As die ontwikkeling geen nuwe vuurtoring insluit nie, geld die hoogtebeperkings vir die nuwe ontwikkeling om die bestaande vuurtoring steeds,” sê Gelderbloem.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!