Swakop-ollie bly vir eers in Swakoprivier
Swakop-ollie bly vir eers in Swakoprivier

Swakop-ollie bly vir eers in Swakoprivier

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die Swakop-ollie is steeds in die Swakoprivier naby Rössmund.

Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, is besluit om die rondloperbul in die Swakoprivier te laat bly en te monitor.

“Dalk pas die olifant goed in die Swakoprivier aan, want daar is voldoende kos om te eet en water om te drink,” het Muyunda gister gesê.

“Die olifant was tot dusver vreedsaam daar. Ons sal die dier voortdurend monitor en reageer soos die situasie verander.”

Muyunda sê die ministerie beplan om vir die grootpoot ’n tuiste te vind, “maar vir eers is die Swakoprivier sy tuiste”.

Hy het weer ’n beroep op die publiek gedoen om van die gebied af weg te bly om die olifant toe te laat om homself daar te vestig.

“Die olifant moet ook nie getart of uitgelok word nie.”

Ná die rondloperbul Swakopmund op Oukersdag besoek het, is hy na die binneland teruggelok waar hy uiteindelik in die Omarururivier gebly het.

Hy is met ’n nekband toegerus, maar Sondagoggend is hy weer see toe waar hy in die Swakoprivier opgemerk is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!