Swakker rand kan petrol in November laat styg
Die Automobiel-Assosiasie (AA) dink Suid-Afrikaanse brandstofpryse kan in November weer styg omdat die rand sedert begin Oktober swakker is.
Die AA sê die gelande prys van petrol – hoeveel petrol kos as dit van oorsee ingevoer word tot by die hawe - het sedert Oktober met byna 20c per liter gedaal. Maar weens die rand se swakheid teen die dollar is die voordeel daarvan uitgekanselleer met 22c per liter, wat beteken in rand kos petrol 2c duurder.
Dieselpryse het met nog meer gestyg want die internasionale prys van diesel is 6c per liter hoër.
As die randswakheid ingewerk word, kan diesel teen einde Oktober met sowat 28c per liter styg, en paraffien kan met 20c per liter styg, volgens die AA se berekeninge.
Die AA sê die jongste syfers wys hoe kwesbaar Suid-Afrikaanse brandstofverbruikers nog is vir politieke en ekonomiese sentiment wat die rand raak.
Die departement van energie se jongste syfers wys die gemiddelde onderverhaling op petrol van 29 September tot 13 Oktober is 1,74c per liter, en groothandeldiesel se onderverhaling is 23,1c per liter. Die onderverhaling vir diesel met ’n swaelinhoud van 0,005% is op 27,5c.
Vrydag was daar ’n oorverhaling op die dag van 8,3c, waarskynlik weens die verstewiging van die rand teenoor die dollar. Diesel het Vrydag ’n onderverhaling op die dag van 11c per liter gehad. Vir diesel met ’n swaelinhoud van 0,005% was die onderverhaling 14,7c per liter. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie