Swak vaardighede in lees, wiskunde
Swak vaardighede in lees, wiskunde

Swak vaardighede in lees, wiskunde

Ander kwessies is die afwesigheid van onderwysers en leerlinge, sowel as leerlinge se gebrek aan kennis van MIV/vigs.
Namibiese skoolkinders se vaardighede in wiskunde en lees is steeds baie swak.

Volgens die adjunkminister van onderwys, kuns en kultuur, me. Ester Nghipondoka, behaal leerlinge steeds baie swak punte in hoëvlak- vaardigheidsvrae in dié twee vakke.

“Hoewel ons leerlinge se gemiddelde prestasie vir lees en wiskunde oor die jare verbeter het, laat dit steeds veel te wense oor,” het Nghipondoka gesê.

Sy was aan die woord tydens die amptelike opening van ‘n gesamentelike vergadering van ministers van onderwys uit die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap(SADC)-streek wat tans in Windhoek plaasvind.

Die ministers vorm deel van die suidoostelike konsortium vir die monitering van die gehalte van onderrig (SACMEQ).

Nghipondoka het haar dank uitgespreek teenoor SACMEQ, wat Namibië in staat stel om sy onderwysstelsel op standaard met alle ander lidlande te bring en ook die weg vir verbeterings in wiskunde, Engels en gesondheidskennis baan.

“SACMEQ het lidlande sedert sy ontstaan gehelp om ons opvoedkundige navorsers en beplanners met die nodige vaardighede toe te rus. Dit het ook gehelp om nuwe strategieë te ontwikkel om wiskunde- en leesklasse aan te bied en die leerplan vir beter uitkomste te verbeter.”

Sy het verwys na probleme soos swak prestasie in wiskunde en lees, die afwesigheid van onderwysers en leerlinge, sowel as leerlinge se gebrek aan kennis van MIV/vigs, wat die ontwikkeling van onderwys in die streek kniehalter.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!