SuperSport-skild moet in visier wees

Rugby

14 February 2019 | Sport
Andrew Poolman - Die eerste ligstraaltjie goeie nuus vir Namibiese rugby-ondersteuners in die Wêreldbekerjaar is dat die Welwitschias se plek in die SuperSport-reeks vanjaar klaarblyklik 'n werklikheid sal wees.

Die chaotiese en onsekere nadraai wat die bitter onenigheid op administratiewe vlak nagelaat het sedert die nasionale span se dominerende kwalifikasie vir die 2020 Wêreldbeker in Japan, is steeds nie opgeklaar nie.

Maar ten minste is die potensiële katastrofe oënskynlik afgeweer dat die beste plaaslik gebaseerde spelers nie die vooruitsig van 'n behoorlike kompetisie teen Suid-Afrikaanse provinsies sou kon hê nie. Die plaaslike groep vorm altyd 'n ewe sterk kern van die Wêreldbeker-poging as die professionele spelers uit Suid-Afrika of Europa.

Die sosiale rugbymedia Suparugby het gister die wedstrydprogram vir die SuperSport-reeks se skildafdeling onthul.

Daarvolgens speel die nasionale spanne van Namibië en Zimbabwe in groep A teen die Luiperds en die Griffons op 'n tuis- en weggrondslag.

Namibië en Zimbabwe open hul seisoen op 27 April met 'n beplande ontmoeting in Windhoek, wat volgens alle aanduidinge as 'n volwaardige toets sal tel.

Volgens Suparugby sal Zimbabwe al drie sy tuiswedstryde in Johannesburg speel – óf by die Raiders-rugbyklub óf by Pirates.

Geen van die Namibië Rugby-unie (NRU) se woordvoerders kon gister ontvangs van die wedstrydprogram bevestig nie.

Die Namibiese Rugbymaatskappy (NRL) se uitvoerende hoof, mnr. Mervin Green, sê hy het deelgeneem aan die onderhandelinge tydens besoeke aan die Suid-Afrikaanse Rugby-unie.

“Die opgestelde wedstrydprogram is nog nie amptelik bekend gestel nie en is ook nie onveranderlik nie. Die finale goedkeuring word nog afgewag van SuperSport as die uitsaaier.”

Green sê die status van die Rugbymaatskappy is steeds onseker.

“Die aanduidings is dat al die onderhandelinge in die finale stadiums van uitklaring is. Ek het niks op skrif ontvang oor wat die voorgestelde ooreenkoms tussen die NRU en Wêreldrugby behels nie. Al wat ek kan hoop, is dat sake vanjaar vinniger en vlotter as verlede jaar verloop, want elke dag wat verlore gaan, plaas ons net meer en meer op die agtervoet (in die enkele maande van opbou na die Wêreldbeker in Japan in middel-September),” het Green gesê.

'n Dringende kwessie op die tafel vir die Namibië Rugby-unie sal die aanstelling van 'n afrigterspan vir die SuperSport-reeks wees, waar die vertrek van Lyn Jones en JP Nel na Rusland 'n leemte gelaat het.

Die krag- en kondisioneringsafrigter Sergio de la Harpe het egter sedert Maandag 8 Januarie die nasionale groep se voor­seisoen behoorlik op koers gehou.

“Ons wag ook maar nog op uitsluitsel om te hoor wat die magte en pligte van die nasionale direkteur van rugby (Phil Davies) sal wees,” sê Green.

Die wedstrydbepalings:

27 April: Griffons teen Luiperds; Namibië teen Zimbabwe (Windhoek)

4 Mei: Luiperds teen Zimbabwe; Griffons teen Namibië.

11 Mei: Namibië teen Luiperds (Windhoek); Zimbabwe teen Griffons (Jhb).

18 Mei: Luiperds teen Griffons; Zimbabwe teen Namibië.

25 Mei: Zimbabwe teen Luiperds (Jhb); Namibië teen Griffons.

6 Junie: Luiperds teen Namibië; Griffons teen Zimbabwe.

Die SuperSport-skild se groep B bestaan uit die SWD Arende, die Oostelike Provinsie, Boland en die Valke.

Suid-Afrika se topagt unies speel terselfdertyd in die SuperSport-bekerkompetisie. Volgens Suparugby word gestreef om soveel as moontlik van die Skild-wedstryde by gemeenskapklubs se velde te speel.

Soortgelyk

 

Verken die wildernis by Desert Rhino Camp

1 minuut gelede | Toerisme

Wilderness Safaris se Desert Rhino Camp is in die rotsagtige heuwels van die Palmwag-konsessie geleë, wat 450 000 ha groot is.Hierdie streek word deur sy...

Abenteuer Afrika Safari bied onvergeetlike reise

1 minuut gelede | Toerisme

Abenteuer Afrika Safari is een van vanjaar se inskrywings vir die Volhoubare Toerisme-toekennings (RTA).Dié onderneming is in 1993 gestig en is ’n leier op die...

Huang se geld-ellende verdiep

1 minuut gelede | Howe

Yanna Smith - Te oordele aan hofdokumente is daar geen einde aan die Chinese sakeman en vermeende belastingbedrieër mnr. Jack Huang se geld-ellende nie. Ná...

Fiat 500 in the spotlight in New York

1 minuut gelede | Motors

The Fiat 500 Serie F, acquired by the famous Museum of Modern Art in New York in 2017, was seen by the general public for...

Wireless charging for electric vehicles

1 minuut gelede | Motors

WiTricity, the industry pioneer in wireless power transfer, has announced the acquisition from Qualcomm Incorporated and Qualcomm Technologies, Inc. of certain technology platform and IP...

Eskom kan SA tot rommelstatus laat tuimel

1 minuut gelede | Energie

Francois Williams – Al sou die regering ingee tot Eskom se versoek om R100 miljard van sy skuld oor te neem, sal Eskom binne 18...

Wie’s die ingenieurs wat Eskom kom ‘regruk’?

1 minuut gelede | Energie

William Horne en Elvira Wood – Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het Dinsdag in die parlement aangekondig dat Italië se grootste kragvoorsiener, Enel, genader...

EOH val 25% ná Microsoft ooreenkoms beëindig

1 minuut gelede | Tegnologie

Nellie Brand-Jonker – Die beleërde tegnologiegroep EOH se aandeelprys het Dinsdag met 25% geval.EOH het oor die middaguur aangekondig dat Microsoft hom in kennis gestel...

Vliegfabriek weer op lys vir skoon tegnologie

1 minuut gelede | Landbou

Francois Williams – AgriProtein, die Kaapse maatskappy wat vlieglarwes benut om kosafval tot insekproteïen te verwerk, is een van net twee maatskappye uit Afrika wat...