SuperSport se aanbod kanale verander heeltemal
Petrus Malherbe – SuperSport doen weg met die numeriese ordening van sy kanale en sal van 1 September af kanale meer volgens sportsoort groepeer, het MultiChoice Maandag aangekondig.
In plaas van SuperSport 1, SuperSport 2 en dies meer, gaan intekenare van September af sportkanale soos SuperSport PSL, SuperSport LaLiga, SuperSport Rugby, ensovoorts sien.
Ander sportsoorte wat ook hul eie toegewysde kanaal ontvang, is krieket, gholf, tennis, rofstoei en motorsport.
SuperSport se vlagskipkanaal (voorheen SuperSport 1) staan voortaan as SuperSport Grandstand bekend.
Die belangrikste regstreekse wedstryde van verskeie sportsoorte sal daarop uitgesaai word.
WIE KAN WAT KYK?
Vanaf 1 September sal SuperSport 19 verskillende sportkanale bedryf. Al 19 hierdie kanale sal aan intekenare van sy Premium-pakket beskikbaar wees.
Intekenare van Compact Plus kry toegang tot 13 van hierdie kanale, insluitend SuperSport Football, SuperSport Premier League en SuperSport PSL.
Die vier SuperSport-kanale wat ’n verskeidenheid van sportsoorte gaan huisves (SuperSport Variety 1 tot Variety 4) is ook aan intekenare van Compact Plus beskikbaar.
ESPN, ’n Amerikaanse sportkanaal wat aan The Walt Disney Company behoort, is ook beskikbaar aan intekenare van die Compact-pakket (afgesien van intekenare van Premium en Compact Plus wat ook toegang daartoe, sowel as sy susterskanaal ESPN 2 het).
Compact-intekenare kry ook toegang tot onder meer SuperSport PSL, SuperSport Premier League en SuperSport Football.
DStv Access, een van die goedkoopste beskikbare pakkette, bied toegang tot SuperSport Blitz (wat ’n oorsig van groot sportgebeure uitsaai) en SuperSport Variety 4.
WAAROM DIÉ SKUIWE?
Volgens MultiChoice word die veranderinge gedoen sodat elke sportsoort sy “eie toegewysde tuiste” op DStv het.
“Dit is ’n bitter belangrike besluit in die geskiedenis van SuperSport en ons is oortuig dit sal ’n verfrissende dimensie aan ons uitsendings gee,” sê Gideon Khobane, uitvoerende hoof van SuperSport.
Afgesien van regstreekse uitsendings van sportgebeure, sal die verskillende kanale ook bykomende inhoud soos dokumentêre programme en geselsprogramme aanbied.
Die skuiwe aan SuperSport se aanbod val saam met soortgelyke skuiwe aan DStv se eie aanbod fliekkanale.
Netwerk24 het Vrydag berig DStv gaan sy aanbod fliekkanale van ses tot vier verminder.
Dié vier fliekkanale sal ook eenvoudig net M-Net Movies 1 tot 4 genoem word. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie