Supersoniese vliegtuie kom terug!

Vennootskap aangegaan

08 February 2019 | Sakenuus
Francois Williams – Die era van supersoniese vlugte is terug. Die vliegtuigvervaardiger Boeing het ’n vennootskap met Aerion gesluit om ’n nuwegenerasie- supersoniese straler te bou.

Aerion is in Reno in Nevada, Amerika, waar hy baanbrekerswerk doen in die ontwerp van sakestralers wat tot 70% vinniger as bestaande stralers kan vlieg.

Boeing het vandeesweek ’n vennootskap met Aerion in Chicago bekend gemaak, waarin hy ’n onbekende bedrag in Aerion belê het om tegnologie-ontwikkeling en vliegtuigontwerp te versnel.

Boeing sal ingenieurs-, vervaardigings- en toetsvlughulpbronne aan Aerion beskikbaar stel om sy AS2- supersoniese sakestraler na die mark te bring.

Die AS2 is ontwerp om snelhede van mach 1,4 te haal. Dit is teen 1 728 km per uur heelwat vinniger as die spoed van klank.

Spoed van klank

Die spoed van klank is 343 meter per sekonde oftewel 1 234,8 km per uur (mach 1).

Dit sal ’n vlug tussen Amerika en Europa oor die Atlantiese Oseaan met drie uur kan verkort. Die eerste vlug word vir 2023 beplan.

Die belegging in Aerion is gedoen deur Boeing se afdeling Boeing NeXt, wat in strategiese nuwe tegnologie belê.

Concorde

Die Concorde, wat gesamentlik deur Brittanje en Frankryk ontwikkel is, is tussen 1976 en 2003 gebruik en kon teen dubbeld die spoed van klank vlieg, en het plek vir 92 tot 128 passasiers gehad. Vlugte is egter in November 2003 gestaak, drie jaar ná die noodlottige ongeluk van ’n Air France-huurvlug in Julie 2000 met ’n Concorde.

Daar is tans geen supersoniese passasiersvliegtuie in diens nie. Slegs 20 Concorde-vliegtuie is gebou en net Air France en British Airways het die vliegtuie gekoop en gebruik. Ondanks baie hoë bedryfskoste kon die twee lugdienste die Concorde danksy hoë vliegkaartjiepryse winsgewend bedryf.

Volgens Wikipedia het rykes byvoorbeeld in 1997 soveel as $7 995 vir ’n retoerkaartjie tussen New York en Londen betaal. Dit was meer as 30 keer so duur as die goedkoopste beskikbare kaartjie in daardie stadium op dié roete. – Netwerk24

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

4 ure gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

4 ure gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

5 ure gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

16 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

16 ure gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

16 ure gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

16 ure gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

16 ure gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

16 ure gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...