Superrugby: Laaste agt pak mekaar
Hierdie naweek sal derduisende kykers dwarsoor die wêreld fyn dophou watter spanne vorder na die halfeindstryde van vanjaar se Superrugby-reeks.
Drie Suid-Afrikaanse spanne speel, maar net twee kan na die volgende ronde vorder.
Op die spel in MultiChoice Namibia en Republikein se weeklikse rugbyraai is vier verskillende pryse.
Deelnemers kan die eindtelling in enige van, of al vier die kwarteindstryde voorspel.
Vanjaar is 26 lesers reeds met pryse beloon. Sommige van hulle was meer as een keer aan die wenkant.
Verlede week het mnr. Conwill Feris van Windhoek N$500 losgeslaan met sy raaiskoot dat die Stormers op Loftus 41 punte teen die Bulle sou aanteken.
Feris het voorspel die Bulle sou 36 punte aanteken, terwyl die telbord 33 gesê het toe die eindfluitjie blaas. Hy was die enigste wat naby genoeg aan in die kol was.
DStv se pryse van verlede week staan dus oor na die finale twee naweke, wanneer deelnemers om 15 verskillende pryse sal meeding.
Ná die reeks sal een gelukkige deelnemer N$10 000 van MultiChoice ontvang.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie