Superliga: Tsumeb óf Walvis moet uitval
Skolerugby
Tsumeb Gimnasium is môre die span onder druk wat 'n opskudding sal moet lewer as hy tot die o.19 Superliga-fase van die Momentum premierliga wil deurdring.
Die noordespan sal Samsung Windhoek Hoërskool se onoorwonne rekord dié seisoen in laasgenoemde se vesting Vegkop moet verbreek – andersins sal Tsumeb vir die uitklopfase na die o.19A-liga afskuif.
WHS, Windhoek Afrikaanse Privaatskool en Windhoek Gimnasium is die drietal wat reeds seker van hul plekke in die halfeindstryd is, maar vir Tsumeb en Walvisbaai is dit 'n deurslaggewende naweek.
Die Walvisbaaiers het op papier 'n veel makliker taak voor hulle, naamlik om môre met die tweede span van Windhoek Gimnasium af te reken en daardie gesogte vierde plek op te eis.
Môre se wedstrydprogram:
Samsung WHS II tn Supersand Elnatan I, 11:20 by WHS Vegkop
Samsung WHS I tn Rubicon Tsumeb Gimnasium I, 12:40 by WHS Vegkop.
Ricoh Windhoek Gimnasium II tn Namib Diesel Walvisbaai, 14:10 by Windhoek Gimnasium.
Windhoek Gimnasium I tn JCC/KMC WAP I, 15:30 by Windhoek Gimnasium.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie