Superheroes aan wenkant op Aroab
Atletiek
Vir die afgesonderde gemeenskap van Aroab in die verre suide was die interhuis atletiekbyeenkoms van die Privaatskool Excelsior twee naweke gelede ’n besondere geleentheid.
Die klein laerskooltjie van 27 leerders se kompetisie asook die toeskouergetalle is grootliks aangevul deur die besoeke van Askham van oorkant die Suid-Afrikaanse grens (123 km), asook Aussenkehr se span wat 409 km gereis het. Dit was dus ’n groot geleentheid vir die ganse omgewing.
Uiteindelik het die blou span (Superheroes) as die puntewenners teen die rooi span (Vikings) uit die stryd getree.
Die voorste individuele atlete van die dag was Jani Maritz (junior victrix ludorum), Arnold Smith (junior victor ludorum), Chené Boshoff (senior victrix ludorum) en Marlou van der Westhuizen (senior victrix ludorum).
“”Ons atletiekdag was ’n groot sukses en ons wil graag almal bedank wat van ver gekom het, asook ons borge Santam Keetmanshoop, Spur Keetmanshoop en Johnny’s Auto Electric van Keetmanshoop.
“Ná die atletiek verby was, is heelwat boere in die omgewing met groot reën geseën. Ons gaan beslis in 2020 weer so maak en soos ons skool se leuse sê, Steeds Hoër,” sê mnr. Bennie Loftie-Eaton, voorsitter van die skool se beheerraad.
Excelsior bestaan reeds 28 jaar en is een van die oudste privaatskole in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie