Super-raai: Nog elf wenners beloon
Super-raai: Nog elf wenners beloon

Super-raai: Nog elf wenners beloon

Dani Booysen
Die gelukkige wenner van MultiChoice se N$10 000 kontantprys in vanjaar se Superrugby-kompetisie is mnr. Danie Louw van Otjiwarongo.

“Ai hene, ou maat, ek het dit so nodig,” het hy aan Republikein gesê oor die groot meevaller, geborg deur MultiChoice Namibia. “Dit gaan baie handig te pas kom.”

Louw se selnommer is getrek uit duisende inskrywings wat opnuut in vanjaar se kompetisie ontvang is. “Ek het hard probeer,” het hy gesê oor die feit dat hoewel hy nie voorheen vanjaar gewen het nie, hy tog die bonusprys voor almal weggeraap het.

Danie is 'n ondersteuner van die Blou Bulle. “Daar is sterk kompetisie tussen my en my vriende wat die Stormers ondersteun,” sê hy.

In die laaste twee weke van die kompetisie is tien ander deelnemers ook vir hul rugbyraai-vernuf beloon. Wenners woon in Windhoek, tensy anders vermeld.

In die semifinale was me. Claudia van der Merwe die enigste persoon wat naby genoeg met 'n voorspelling was. Sy het geraai die Crusaders sou die Chiefs met 27-14 verslaan. Die eindtelling was 27-13.

Van der Merwe het N$1 000 se prysgeld van Republikein ontvang.

In die eindstryd tussen die Leeus en Crusaders het nege persone as pryswenners gekwalifiseer. Drie van hulle was 100% in die kol met 25-17 in die Nieu-Seelanders se guns.

Mnr. Frik Uys het 'n Explora-dekodeerder gewen, mnr. Ivan Coerecius 'n hoë definisie-dekodeerder en me. Riekie Rossouw N$200 se BoxOffice-flieks.

Die ander ses wenners was mnr. Chris Henn (een punt uit – N$500), me. Helena Brenkman van Okahandja (drie punte uit – N$500), mnr. Barend Cloete van Tsumeb (drie punte uit – N$500), mnr. Jurie Louw (drie punte uit – N$200 se BoxOffice-flieks), mnr. Rod April (drie punte uit – N$200 se BoxOffice-flieks) en me. Elize Harmse van Outjo (vyf punte verskil – N$500 van Republikein).

Met die toekenning van pryse is in ag geneem dat van hierdie deelnemers reeds voorheen vanjaar een of meer kere wenners was.

Republikein bedank elke deelnemer vir hul ondersteuning.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!