Sumgong 'is 'n verleentheid'
Sumgong 'is 'n verleentheid'

Sumgong 'is 'n verleentheid'

NAMPA
Die Olimpiese kampioen Jemima Sumgong se positiewe dwelmtoets is 'n verleentheid vir Kenia se atlete, het haar hardloopmaat, Milcah Chemos, Saterdag gesê.

“Dit is 'n groot skande vir ons Keniaanse atlete,” het Chemos, die 2013-wêreldkampioen in die 3 000 meter-hinderniswedloop, aan Reuters gesê. “Ons het nie woorde nie.”

Sumgong was verlede jaar in Rio die eerste Keniaanse vrou om die Olimpiese marathon te wen - nadat sy ook die Londen-marathon gewen het - en is positief vir die verbode bloedaanvuller EPO getoets. Die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) het die toets uitgevoer.

“Atlete moet weet dat hulle verantwoordelik is vir wat hulle inneem. Hulle moet aandring om te weet wat hul dokters vir hulle voorskryf. Dit is verpligtend vir professionele atlete,” het Chemos gesê.

Die 32-jarige Sumgong is geskors van deelname aan enige kompetisies, afhangende van die B-toets, het atletiek­beamptes gesê. Sy is ook verbied om gister haar Londen-­marathon-titel te verdedig.

- Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!