Suksesvolle jaar van kuns en kultuur

’n Nag onder die sterre (NUTS) nooi die publiek uit na hul finale konsert op 8 Desember om die suksesvolle jaar van kuns en kultuur te vier. Hierdie inisiatief is in Augustus 2014 deur die Goethe Instituut van Namibië van stapel gestuur.

Dit is meer as net ’n blote konsert. Dit bied aan plaaslike kunstenaars die geleentheid om hulle talente ten toon te stel en gee aan hul die kans om tot die kulturele ontwikkeling in Namibië by te dra.

Ras Sheehama, ’n Namibiese sanger, gaan tydens die NUTS konsert sy verskyning maak. Sheehama is reeds vanaf onafhanklikheidswording deel van Namibiese musiek en is bekend vir sy fokus op die mensdom en sosio-plotieke kritiek. Sy diverse repertoire en bewussyn is regdeur Afrika en oorsee onmiskenbaar.

The Monkey Nuts van Zimbabwe sal ook saam met Sheehama op die verhoog verskyn en is alom bekend vir hul eksperimentele en alternatiewe styl van hip-hop wat ook die inheemse Chimurenga ritmes met elektroniese klanke en omringende toon kombineer. Chimurenga beteken 'bevryding' in Shona, 'n genre wat 'n belangrike rol in die onafhanklikheidswording van Zimbabwe gespeel het. Hierdie trio is bekend vir hul innoverende benadering en denke.

Die NUTS se opvoering sal 19:00 by die Goethe Instituut (5 Fidel Castro Straat in Windhoek) begin en ingang is gratis.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!