Suikerbedryf in SA vrees duisende werkverliese

Die suikerbedryf in die buurland beleef ‘n krisis weens onder meer goedkoop invoer en ‘n dalende vraag.
Francois Williams - Tot 350 000 mense in die Suid-Afrikaanse suikerbedryf kan hul werk verloor, maar die parlement ontken dat die krisis in die bedryf ’n bron van kommer is.

Dringende ingryping is nodig, nie ’n “langtermyn-benadering” nie, sê die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging (SACGA) in reaksie op ’n verklaring van Joanmariae Fubbs, voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee oor handel en nywerheid.

Dalende internasionale suikerpryse, swak beskerming teen goedkoop invoer, ’n daling in vraag en wisselvallige reënval dra saam by om die bedryf van R14 miljard se voortbestaan te bedreig, sê Graeme Stainbank, voorsitter van die SACGA.

Fubbs het op haar beurt gereageer op ’n verklaring van die DA wat vir ’n dringende vergadering van dié komitee met die komitees van landbou en van grondhervorming en landelike ontwikkeling gevra het om die bedreigings vir die suikerbedryf te bespreek.



Dit blyk Fubbs meen die komitee het genoeg gedoen om die krisis aan te pak deurdat hulle sedert 2017 met al die rolspelers in die suikerbedryf geskakel het om die bedryf se uitdagings te verstaan.

Maar Stainbank verskil van Fubbs se standpunt dat die huidige suikerkrisis met ’n langtermyn-benadering opgelos kan word.

Hy wys op die impak van klimaatsverandering wat tot wisselvallige reënval lei. Die suikergebiede in KwaZulu-Natal herstel nou eers van ’n droogte van drie jaar wat tot verliese van soveel as R2 miljard in net een seisoen gelei het.

Die vraag na suiker uit die nywerheidsmark het boonop gedaal. Nadat die suikerbelasting verlede jaar in werking getree het, het koeldrankvervaardigers begin om hul bottelgroottes te verklein en die suikerinhoud van hul produkte te verlaag. Dit het alles bygedra tot ’n laer vraag na suiker wat inkomste afdruk.

Hy meen die regering moet die volgende onmiddellike stappe doen:

1. Gee tariefbeskerming aan die bedryf om die speelveld gelyk te maak en om dit te beskerm teen goedkoop invoer van lande waar suikerrietboere gesubsidieer word. Die bedryf het verlede jaar vir maande vergeefs probeer om die regering sover te kry om tariefbeskerming in te stel teen die storting van goedkoop suiker van veral Brasilië. Die kommissie vir internasionale handelsadministrasie het uiteindelik ingestem om die dollargegronde verwysingsprys van $566 tot $680 per ton te verhoog, maar dis nog ver van die $856 per ton waarvoor die bedryf aansoek gedoen het. Die gevolg is dat suikerrietboere steeds nie hul produksiekoste kan dek nie.

2. Verskerp beperkings op die invoer van suiker van buurlande wat nie invoertariewe hoef te betaal nie.

3. Belê in die bedryf se projekte soos om etanolproduksie uit suikerriet en die vervaardiging van verpakkingsmateriaal uit suikerrietmateriaal aan te moedig in ’n poging om alternatiewe markte te vind. Dit sal duisende nuwe poste skep.

4. Reageer flinker op wisselings in internasionale suikerpryse om die plaaslike bedryf teen prysskokke te beskerm. Verlede jaar is sowat 500 000 ton suiker ingevoer terwyl Suid-Afrikaanse suiker wat van die hoogste gehalte ter wêreld is teen lae pryse op die wêreldmark gestort is. Boere het enorme verliese gely en baie is op die punt om bankrot te speel. As pryse nie gou verbeter nie, sal meer afleggings en sluit van ondernemings volg.

Stainbank sê dis nie ’n politieke kwessie nie, maar dis in openbare belang, want as die bedryf misluk, kan dit grondhervorming, kleinboere en kommersiële boere ernstig raak. “Almal van hulle word deur die SACGA verteenwoordig en saam met die suikermeulens vorm hulle die breër suiker-ekostelsel.”

Fubbs sê op haar beurt sy gee toe diversifisering kan ’n oplossing wees, soos biobrandstof en mede-kragopwekking. “Van dié kwessies vereis wetswysigings en die komitee besef dit.”

Die departement van handel en nywerheid het begin met die wetgewende proses om die Suikerwet van 1978 te wysig, het Fubbs gesê.

Sy meen danksy die komitee se werk is inisiatiewe oor transformasie in die bedryf al in werking gestel, en is die suikertarief opwaarts aangepas, wat minstens 30 000 werkgeleenthede gered het. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.22/OZ UP +1.39% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.14% | Zinc US$ 2 452.00/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.50/BBP UP +1.29% | Platinum US$ 907.52/OZ UP +1.41% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.22/OZ UP +1.39% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.14% | Zinc US$ 2 452.00/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.50/BBP UP +1.29% | Platinum US$ 907.52/OZ UP +1.41%