Suiker peperduur, groente effe 'goedkoper'
Algehele inflasie ''n aks laer
Jo-Maré Duddy
Die jaarlikse inflasiekoers in September was 6,9%, effe meer as die 6,8% die vorige maand, maar meer as dubbel die 3,3% van September 2015.
Voedselinflasie, wat die tweede grootste gewig in die Namibiese verbruikersmandjie dra, was die enigste hoofkategorie waar die prysmonster dubbelsyfers beloop het. September se voedselinflasie op ''n jaargrondslag was 12,4% vergeleke met 11,9% die vorige maand. In September 2015 was voedselinflasie 5,9%.
Volgens die Namibië Statistiekagentskap (NSA) weeg brood en graanprodukte, asook vleis die swaarste in die verbruikersmandjie. Eersgenoemde het ''n gewig van 4,84 en laasgenoemde 3,53. Voedsel dra ''n totale gewig van 14,78 uit 100 in die verbruikersmandjie.
September se inflasiekoers vir brood en graanprodukte was 12,1% teenoor 14% die vorige maand. ''n Jaar gelede was dié koers 6,3%. Vleis se jaarinflasie verlede maand was 7,9%, op van 5% in Augustus en 5,1% in September 2015.
Met ''n gewig van 1,23 weeg groente die derde meeste in die kosmandjie. Op ''n jaargrondslag het groente-inflasie verlede maand beduidend teruggesak en op 13,2% te staan gekom. In Augustus was dit 16,5% en in September 2015 was dit 5,6%. September se inflasiekoers vir groente is die laagste tot dusver vanjaar.
Suiker, konfyt en lekkergoed dra ''n gewig van 1,44 – die vierde swaarste in die kosmandjie. Dié subkategorie se inflasiekoers in September was 18,7%, ''n kwaai styging van 16,2% die vorige maand en 7,2% ''n jaar gelede. Dit is ook die hoogste tot dusver vanjaar.
Die vyfde belangrikste item in die kosmandjie is suiwelprodukte en eiers met ''n gewig van 1,17. September se koers hiervoor is 10,6% vergeleke met 9,6% die vorige maand en 4,4% in September 2015.
Die koers vir vis – met ''n gewig van 0,81 – het van 11,5% in Augustus tot 16,5% verlede maand opgeskiet. In September 2015 was dit 9,8%. Ook dit is die hoogste tot dusver in 2016. Dié voedselsoort het Januarie met ''n jaarkoers van 2,2% weggespring.
September se jaarkoers vir ander voedselitems was: Olie en vette (16,1%: 4% in September 2015); vrugte (17,8%: 9,9%); nie-alkoholiese drankies (7,9%: 3,8%); koffie, tee en kakao (19,5%: 4,7%); en mineraalwater, koeldrank en sap (5%: 3,5%).
Die item wat die swaarste in die Namibiese verbruikersmandjie weeg – behuising, water en krag, met ''n gewig van 28,36 – se inflasiekoers in September was 8%, dieselfde as die vorige maand. Verlede September was dit egter maar 2,3%.
Vervoer, die derde swaarste in die verbruikersmandjie, het ''n jaarlikse inflasiekoers van 3,3% gehad vergeleke met 3,4% in Augustus en -2,2% ''n jaar gelede.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie