Suideskool rig droogte-uitdaging
Suideskool rig droogte-uitdaging

Suideskool rig droogte-uitdaging

'n Skool op Keetmanshoop het 'n uitdaging aan ander skole gerig om geld vir droogtehulp in te samel.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Aangegryp deur die krisis waarin boere hulle weens die droogte bevind, gaan leerlinge van die Keetmanshoop Privaatskool (KPS) eerskomende Vrydag geld insamel om die nood te help verlig.

Hulle het ‘n uitdaging aan ander skole in die land gerig om dieselfde te doen.

Mnr. Pieter O’Callaghan, skoolhoof, sê sover is daar al ‘n goeie 14 of wat ander skole wat die uitdaging aanvaar het en Vrydag geesdriftig aan die veldtog gaan deelneem .

“Die kinders het met die idee vorendag gekom om ‘n ‘sivvie’-dag te hou en soos boere aan te trek skool toe. Vrydagaand gaan ons ook ‘n dans aanbied.

“Die minimum bedrag wat ‘n kind kan skenk om deel te neem aan die verrigtinge, is N$10. Van hulle het voorgestel dat kinders ‘n blikbeker soos dié waaruit boere hul boeretroos drink, vol munte maak en skenk,” vertel hy.

Me. Patricia Mostert, 'n onderwyseres by KPS, sê as die boere noustrop trek, kry die gemeenskap saam swaar omdat die sakeondernemings op dorpe sterk op die landbougemeenskap se koopkrag steun. "Ons skool is baie afhanklik van die plaasboere, want as ons wildsfees hou of ons as loterykaartjies het, klop ons by hulle aan vir skenkings."

Sy sê Keetmanshopers wat gehoor het van die skool se inisiatief, het reeds geld by die skool kom inbetaal. "Ons het nog voor ons sivvie-dag al N$5 000 uit die gemeenskap ontvang."

Vier skole wat die uitdaging aanvaar het, het reeds hul geldinsamelingsprojekte aangebied. Dit is Gobabis Gimnasium, Berg-op Akademie, Kleine Professor en Redimere Academy. Die ander skole het hul veldtogte ook vir Vrydag gereël.

Die geld sal inbetaal word in die rekening van Namibië Boere Droogtehulp, ‘n geldinsamelingsveldtog wat Henriëtte le Grange namens die landbougemeenskap koördineer.

Verskeie boere het al gebaat by veevoer wat met hierdie geld gekoop en gratis versprei is.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!