Suiderhof-vrou in Cimbebasia gevind
Suiderhof-vrou in Cimbebasia gevind

Suiderhof-vrou in Cimbebasia gevind

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Die jong vrou wat Saterdagnag soos ‘n groot speld in Suiderhof verdwyn het terwyl haar eksman, met wie sy enkele maande gelede versoen is, en hul dogter rustig geslaap het, is veilig.
Facebook-plasings oor haar verdwyning is Maandag deur honderde mense gedeel en die nuus het soos ‘n veldbrand versprei.
Mnr. Gerhard van der Vyver, ‘n landskapsargitek van Windhoek, het vanoggend (Dinsdag) by navraag gesê hy is in kennis gestel me. Christine van der Vyver (33, foto) “is veilig by ‘n huis in Cimbebasia”.
Die Van der Vyvers, wat ‘n agtjarige dogter het, het vroeg die aand by vriende gebraai. Terug by hul woonstel in Diazstraat het hy en hul dogter eers Lego’s gebou, waarna hulle gaan slaap het. Sy het oorgestap na bure wat op dieselfde erf as hulle in ‘n woonstel woon en daar verder gekuier.
Van der Vyver het vroeër vertel sy is omstreeks halftwaalf daar weg, met die vriende wat onder die indruk was sy keer terug na haar gesin om te gaan slaap.
Toe Van der Vyver Sondagoggend wakker word, was daar egter geen teken van haar nie. Hy het haar Maandagoggend saam met haar man met wie sy getroud was voordat sy met Van der Vyver versoen het, mnr. Ihan Krynauw, by die polisie as vermis aangegee.
Van der Vyver het vanoggend gesê hy het ’n oproep ontvang dat sy veilig by ‘n huis in Cimbebasia is. “Sy is uit eie vrye wil weg. . . Sy het ons verlaat vir ‘n ander man,” het hy vertel, maar wou nie daarop uitbrei nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!