Suide-spoorlyn nog toe
Suide-spoorlyn nog toe

Suide-spoorlyn nog toe

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg – Treindienste tussen Keetmanshoop en Mariental is nog nie weer op dreef ná die treinongeluk verlede Donderdag op Oukersaand nie.


“Die rehabilitasie van die ontspoorde trein kan slegs ná waarneming van die gebied begin oor hoe die hyskraan die ontspoorde trein kan bereik,” het die TransNamib se hoof van korporatiewe kommunikasie, me. Abigail Raubenheimer, op navraag van Republikein gesê.

Volgens haar is die ongeluksverslag nog nie beskikbaar nie.

Raubenheimer het bevestig alle beseerde passasiers en personeellede van TransNamib is uit die hospitaal ontslaan, “met die uitsondering van een vroulike passasier wat steeds in Windheok behandel word, maar in ‘n stabiele toestand is”.

Die treinongeluk het verlede Donderdag omstreeks 22:30 tussen Brukkaros en Asab, sowat 115 km vanaf Keetmanshoop, plaasgevind.

Die trein was vanaf Keetmanshoop na Windhoek met 75 passasiers en drie TransNamib-personeellede onderweg toe dit ontspoor het.

Die lokomotief, drie passasierswaens en een vragwa het ontspoor. Nooddienste was dadelik na die toneel ontbied. Altesaam 37 passasiers en die drie personeellede is na die Keetmanshoop-hospitaal geneem.

Volgens Raubenheimer dui die voorlopige ondersoek aan dat die treinspoor weens die reën in die Suide weggespoel het.

“TransNamib het voor die reis die spoorlyn geïnspekteer. Die laaste inspeksie is op Maandag, 21 Desember gedoen,” het sy ná die ongeluk gesê.

Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!