Suide, Nelson Mandela-stigting rou vandag oor Ya Toivo
‘n Gedenkdiens met die tema “waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg”, vind vanmiddag in die Suiderlig Hoërskool op Keetmanshoop plaas. Dit is gereël om die mense van die Suide die geleentheid te bied om afskeid te neem van die anti-apartheidsaktivis en vryheidsikoon, mnr. Herman Andimba Toivo ya Toivo.
Dit sal bygewoon word deur sy weduwee, Vicky, en hul dogters, Mutaleni en Nashikoto.
Terselfdertyd sal die Nelson Mandela-stigting vanmiddag in Suid-Afrika die nagedagtenis van Ya Toivo, destyds ‘n hegte vriend van mnr. Nelson Mandela, eer. Die gedenkdiens sal deur die SAUk uitgesaai en na die NBC in Namibië herlei word. Dié regstreekse uitsending begin om 15:30, Namibiese tyd.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie