Suide kry plek-plek lafenis

Tanja Bause
Tanja Bause – Dele van die suide van Namibië het uiteindelik reën ontvang.

Reën is onder meer in die Kalahari, Keetmanshoop, Ariamsvlei, Koës en Maltahöhe ontvang met talle riviere wat geloop het.

“Ons het vir die hele reënseisoen tot dusver slegs 6 mm reën ontvang en toe kry ons eergister 100 mm in die wildkamp, en 80 mm by die huis. Ons is baie geseënd,” het me. Gabby van Niekerk van die Red Dune Camp op die plaas Tranendal in die Kalahari gesê.

Die Huduprivier het Dinsdag by die Maltahöhe-hotel verbygevloei, en Woensdag het die rivier die plaas Karichab bereik.

“Die Huduprivier het baie natuurlike fonteine en daar is gewoonlik baie waterpoele in die rivier, maar weens die droogte het dit opgedroog. Die boere hier het die rivier nog nooit so droog gesien nie.

“Groot was die vreugde toe die rivier afgekom het – veral omdat die Otto-gesin van die plaas die rivier ongeveer 20 jaar laas só in vloed gesien het. Die plaas self het van Desember tot nou toe slegs 16 mm reën ontvang,” het me. Leejuan Brews-Otto gesê.

“Dit het gesous van 120 km voor Grünau op pad Ariamsvlei toe. Verskeie riviere het geloop. Riviere wat ons jare laas sien loop het. In baie dele was daar net sand en bosse en geen gras meer nie. Prys die Here. Dit is die beste begin vir 2020,” het me. Rina Blaauw-Fraser op die Facebook-bladsy “Reën in Namibia” gesê.

Die Auobrivier, wat verby Stampriet en Gochas loop, was by Stampriet in vloed.

“Wat ’n wonderlike ervaring ná soveel jaar om die rivier in vloed te sien,” het mnr. Den Barnes gesê.

Die Löwenrivier voor Keetmanshoop en die Nossobrivier by Leonardville het ook geloop volgens inligting wat mense op “Reën in Namibia” gedeel het.

Die Ugabrivier het die vierde keer dié seisoen verby die Brandberg White Lady Lodge geloop en die Hoarusib, wat einde laas jaar die see bereik het, het vandeesweek weer by Puros verbygevloei.

Die Swakoprivier het by Okahandja geloop en die Kahn het by die Khan River Lodge geloop.

Die Omatako tussen Okahandja en Otjiwarongo het ook afgekom.

Koës het volgens me. Heidi Smith tussen 70 en 80 mm reën ontvang.

“Die Koës Ralley-pan is vol water,” het sy gesê.

Op die plaas Warmbakkies op die hoofpad tussen Keetmanshoop en Grünau het dit 17 mm gereën. Terwyl die plaas Treuenfels, noord van Wilhelmstal, 18 mm in net 20 minute ontvang het.

Die plaas Cheetahveiw, oos van Otjiwarongo, het oor twee dae 105 mm ontvang. Die plaas Sondernaam in die Outjo-omgewing het 90 mm reën in vier ure ontvang.

Volgens mnr. Sakaria Kandenge reën dit al die afgelope twee weke amper elke dag op Ondangwa en is die Noorde sopnat.

Die Epupu-valle by Ruacana in die Kunenestreek het tans ook baie water danksy die Kunenerivier wat afgekom het.

Volgens inligting wat deur Sassccal WeatherNet verskaf is, het dit sedert Maandag by verskeie van hul weerstasies gereën.

Maandag het dit 26,2 mm in die sentrale Noorde by Ogongo gereën, 7,8 mm in Omatjene in die Erongostreek, 12,2 mm by die Omatako Ranch in die Otjozondjupastreek, en 4,1 mm in Sandveld noordoos van Gobabis.

Dinsdag het dit 11,6 mm by die John Pandeni-navorsingstasie by Grootfontein gereën, en 27,8 mm by die Alex Muranda-lewendehawe-ontwikkelingsentrum in die Kavangostreek.

Woensdag is 23,6 mm by Hamoye naby Rundu gemeet, 9,3 mm by die Tsumkwe-teelstasie, en 10,6 mm by Sachinga in die Zambezistreek.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.84 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.84 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%