Suide koes vir kragonderbreking
Suide koes vir kragonderbreking

Suide koes vir kragonderbreking

Augetto Graig
NamPower het verlede week gesê onbetaalde kragrekeninge kan veroorsaak dat die kragtoevoer op 8 Februarie na dorpies in die Suide afgesny word.

Maar hierdie rekeninge is nou op datum, sê me. Elisabeth Coetzee, waarnemende hoofstreeksbeampte vir //Kharas.

Die //Kharas-streeksraad is verantwoordelik vir die betaling van dienste vir ten minste 24 nedersettings in dié streek.

Coetzee sê die raad het verlede week N$800 000 aan die nasionale kragverskaffer betaal om hul skuld te delg.

Noordoewer, Ariamsvlei, Vaalgras, Kosis, Blouwes, Wortel, Warmba, Gainachas en Aus is ingesluit in dié ontwikkeling.

Die Suidedorpies van Tses, Berseba, Bethanie en Koës is egter self vir hul onbetaalde rekeninge verantwoordelik.

Coetzee sê die raad sal weens begrotingsbeprekings nie dié dorpies kan help nie.

Mnr. Charles Vries, Berseba se hoof uitvoerende beampte, mnr. Willie Humphries van Koës, mnr. Frans Windstaan van Bethanie, en mnr. Fritz Christiaan van Tses het Vrydag nog oplossings probeer vind.

Berseba skuld nog N$168 000, maar NamPower vereis 'n onmiddellike betaling van N$91 000 van dié dorpie.

“Ek het 'n deel van die skuld geërf toe ek in Oktober hier op Berseba oorgeneem het en ons probeer ons bes om 'n manier te vind om die afsny van elektrisiteit te verhoed,” het Vries gesê.

Windstaan en Humph­ries het geweier om te sê presies hoeveel hul dorpies tans vir NamPower skuld.

Christiaan, wat in Oktober 2016 by Tses oorgeneem het, sê dit sal onmoontlik wees om die bedrag wat die dorp aan NamPower skuld, terug te betaal. Volgens hom is daar niks wat die dorpsraad daaraan kan doen nie.

“Ons skuld NamPower N$1,6 miljoen en hulle eis N$1,5 miljoen – wat ons geensins kan betaal nie,” sê hy.

Volgens Christiaan het hy met die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling oor die penarie gepraat.

“Ons ontvang jaarliks 'n subsidie van N$800 000 van die ministerie, wat eenvoudig nie genoeg is om uitgawes vir operasies en grootmaatverskaffers te betaal nie,” sê hy.

Die dorp se enigste ander inkomste is die arm gemeenskap se bydraes tot water- en kragverbruik.

Christiaan sê Tses het sedert November 2016 nie hierdie toelaag ontvang nie. Hy sê dat hy tans ook met NamWater oor ou skuld onderhandel en oor wat die dorp moet betaal.

“Ons mag binnekort N$150 000 van die ministerie kry en dit sal aan die betaling van water gaan.”

Hy sê die engiste oplossing is dat alle betrokke partye om die tafel moet sit en praat.

“Ons, NamPower en die regering het almal kontantvloeiprobleme,” sê hy.

NamPower het gesê kragverskaffing aan dorpies wat in die Khomas-, Hardap- en //Kharasstreek baie geld skuld, sal Woensdag 10:00 afgesny word. Saam skuld die dorpies NamPower meer as N$45 miljoen.

– Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!