Suid-Soedan: Transaksie dalk te duur vir PetroSA
Suid-Soedan: Transaksie dalk te duur vir PetroSA

Suid-Soedan: Transaksie dalk te duur vir PetroSA

’n Kenner in die energiebedryf sê die regering wil waarskynlik toegang tot nuwe oliebronne kry as die buurland wel eendag 'n nuwe raffinadery bou.
Francois Williams – Vrae hang steeds oor die haastige transaksie wat Suid-Afrika met Suid-Soedan oor ’n bedryfsbelang in ’n olie-eksplorasieblok in dié Noord-Afrikaland beklink het.

Jeff Radebe, minister van energie, het Maandag die ooreenkoms in Juba, die hoofstad van Suid-Soedan, onderteken.

Volgens inligting van die Suid-Soedanse ministerie van petroleum kry die Strategiese Brandstoffonds, ’n filiaal van Suid-Afrika se staatsbeheerde Sentrale Energiefonds, deur die ooreenkoms besit van Blok B2, ’n gebied net noord van die hoofstad om eksplorasiewerk in te doen.

Dit is ’n eksplorasie- en produksiedeelooreenkoms, wat gewoonlik beteken die entiteit wat geld inpomp (in hierdie geval dus die SFF met ’n bedrag van sowat R14,5 miljard) en eksplorasiekundigheid lewer, is in ruil vir die belegging geregtig op ’n deel van die uiteindelike olieproduksie.

Chris Bredenhann, direkteur van die ouditgroep PwC wat in die energiebedryf spesialiseer, meen die regering se rede vir die transaksie is waarskynlik om potensieel toegang tot nuwe oliebronne te kry as Suid-Afrika wel eendag 'n nuwe raffinadery bou. Hy meen nie Amerika se sanksies teen olie-aankope van Iran is 'n rede vir die transaksie nie, want toe die oorspronklike sanksies ingestel is het Suid-Afrika reeds sy invoer van olie uit Iran vervang met olie van Nigerië en Saoedi-Arabië.

Bredenhann vermoed die rede waarom die SFF gebruik is as kanaal vir die belegging is omdat PetroSA, wat eintlik die tegniese kundigheid oor eksplorasie behoort te hê, nie in 'n finansiële posisie is om so 'n belegging te doen nie. PetroSA het ook kundige personeel verloor namate sy geldsake die afgelope jare verswak het.

Suid-Afrika se eie departement van energie, wat gewoonlik ook vinnig is om mediaverklarings uit te reik oor enige geleentheid waar Radebe optree, het geen amptelike verklaring uitgereik nie en navrae aan die departement oor die rasionaal agter die transaksie van sowat R14,5 miljard is nog nie beantwoord nie.

Suid-Soedan het in 2011 onafhanklik geword nadat hy eers deel was van die groter Soedan, maar sukkel om die regte vennote te kry om hom te help om sy ryk oliebronne te ontgin. Die naaste hawens waardeur Suid-Soedan sy olie kan uitvoer is Port Sudan in die noorde en Djiboeti in die noordweste.

Maar Port Sudan is in die gebied van sy vyandige noordelike bure Soedan van wie hy juis weggebreek het. Om Djiboeti te bereik moet hy deur Ethiopië gaan.

Daar is bestaande oliepypleidings deur die noordelike Soedan na Port Sudan, maar Suid-Soedan soek beleggers om hom te help bou aan ’n nuwe voorgestelde pypleiding deur Ethiopië na Djiboeti sodat hy nie van die infrastruktuur van sy vyandige noordelike buurland afhanklik hoef te wees nie.

Suid-Afrika is nie die eerste met wie Suid-Soedan oor eksplorasie in Blok B onderhandel nie. Africa Oil and Power berig die Franse oliereus Total het voor onafhanklikwording ’n ooreenkoms vir die hele Blok B van 120 000 m² gehad maar het in 1985 bedrywighede gestaak. Suid-Soedan het die blok in 2012 in drie verdeel - Blokke B1, B2 en B3.

Total het sedert 2013 saam met Tullow Oil en die Koeweitse buitelandse eksplorasiemaatskappy oor ’n nuwe ooreenkoms onderhandel, maar die onderhandelings met Total is in Julie 2018 beëindig. Blok B2 is ’n oppervlak van sowat 31 000 km².

Ezekiel Gatkuoth, die Soedanse minister van petroleum, het toe gesê hulle is haastig om nuwe belegging na die gebied te lok. Gatkuoth sou daarna in September 2018 na Suid-Afrika kom vir die Africa Oil & Power-konferensie in Kaapstad waar hy na nuwe beleggers sou soek.

Suid-Soedan se olieproduksie was in ’n stadium 350 000 vate olie per dag, maar dit het tot sowat 155 000 vate per dag teen einde 2018 gedaal ná ’n paar jaar van burgeroorlog. Ná ’n vredesooreenkoms mik die regering om olieproduksie van die huidige 175 000 vate per dag tot 200 000 vate per dag teen die einde vanjaar te verhoog, het AFP berig.

Die land se oliesektor word deur Chinese en Maleisiese oliemaatskappye oorheers. Russiese en Nigeriese maatskappye het ook ooreenkomste gesluit om eksplorasiewerk te doen. Suid-Soedan ly self onder bewerings van grootskaalse kleptokrasie en staatskaping, met bewerings dat staats-elite tydens die burgeroorlog geld van die staat gevat en landuit geneem het.

Die Sunday Times het in Maart berig dat die departement van energie al sowat R20 miljoen bestee het aan die geheimsinnige ooreenkoms met Suid-Soedan, insluitende vir die koste van ’n private sakestraler om Radebe na Suid-Soedan te neem om oor die ooreenkoms te onderhandel. Die ooreenkoms behels dat Suid-Afrika vir Suid-Soedan gaan help om ’n raffinadery van 60 000 vate per dag te bou sodat die land nie sy olie hoef uit te voer en dan petrol en diesel weer moet invoer nie.

Radebe het aan die Sunday Times gesê die ooreenkoms het nog nie goedkeuring van die nasionale tesourie, die departement van energie, en die direksie van die Sentrale Energiefonds nodig nie want die projek is nog in die voor-lewensvatbaarheid-fase. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.84 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.84 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%