Suid-Koreane werk nou ‘net’ 52 uur per week

05 March 2018 | Ekonomie
As jy nie jou lewe by die werk wil deurbring nie, moet jy Suid-Korea dalk vermy.

Suid-Korea se parlement het ná ’n jare lange stryd eindelik Woensdag wetgewing goedgekeur om weeklikse werksure in dié land van 68 tot 52 te verminder.

Die hersiening laat 40 gewone werksure per week toe en 12 oortydure. Die oortyd sluit naweekwerk in.

Werknemers sal ook tussen 50% en 100% ekstra betaling vir naweekwerk kry, afhangende van hoeveel ure hulle gewerk het.

Suid-Koreane werk gemiddeld 2 069 uur per jaar. Dit is die naasmeeste, ná Mexiko, wanneer dit by lidlande van die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (Oeso) kom.

Inligting oor die gemiddelde werkure wat Suid-Afrikaners werk, word nie in Oeso se verslag oor dié kwessie ingesluit nie.

Pres. Moon Jae-in, wat verlede jaar as deel van sy verkiesingsveldtog ’n beter lewe aan werkers belowe het, het dit ook reggekry om die minimum loon met 16% te verhoog.

Teenkanting teen die minder werkure en hoër lone word egter verwag.

Die Koreaanse federasie vir mikro-ondernemings sê kleinsake-eienaars wat dit nie kan bekostig om meer werknemers aan te stel nie, sal op die ou einde self langer ure moet werk.

Die federasie waarsku ook dat die nuwe reëls werknemers waarskynlik gaan noop om ekstra werk te kry om die verlies aan inkomste teen te werk.

Die wetgewing sal in fases in werking tree gegrond op hoe groot die ondernemings is.

Maatskappye met 300 of meer werknemers moet reeds van Julie aan die vereistes voldoen.

Kleiner maatskappye met tussen 50 en 299 werkers moet teen 2020 daaraan voldoen. – Netwerk24/Bloomberg, verwerk

Soortgelyk

 

Studie-debakel vir Namibiërs in Zambië

2 dae gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste is deur die Namibiese hoë kommissariaat in Zambië gewaarsku dat twee universiteite in dié buurland waar 91 Namibiese...

Meatco heroorweeg BTW-besluit

2 dae gelede | Landbou

Nuus van Meatco se herinstelling van die betaling van 15% BTW (belasting op toegevoegde waarde) op alle beestransaksies by die abattoir, is deur die NLU...

Slaggate teen einde Julie herstel

2 dae gelede | Infrastruktuur

Die munisipaliteit van Windhoek verwag dat alle slaggate van die hoofstad se paaie teen einde Julie herstel sal wees. Die woordvoerder van die munisipaliteit, me....

Onderwyseres ‘ontvoer’ skoolmeisie glo vir seks

2 dae gelede | Howe

Henriette Lamprecht – ’n Onderwyseres van ’n hoërskool in die Suide het gister in die hof verskyn op aanklagte dat sy glo ’n skoolmeisie ontvoer...

Sokkerkoors loop hoog!

2 dae gelede | In beeld

Die opening van 2018 se Wêreldbekersokkertoernooi het gister by die Luzhniki-stadion in Moskou plaasgevind. Nagenoeg 80 000 sokkerliefhebbers het die seremonie bygewoon en die immerbekende...

Vakbond, regering stamp kop oor huishulpe

2 dae gelede | Arbeid

Augetto Graig – Die permanente sekretaris in die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping, mnr. Bro-Matthew Shinguadja, sê daar steek geen waarheid in die Namibiese...

Vaarwel aan Daantjie Louw

2 dae gelede | Mense

Tielman van Lill - “Stil, broers, daar gaan ‘n man verby, hy groet, en dis verlaas . . . ”Só is die woorde van die...

Netumbo by slenters betrek

2 dae gelede | Ministeries

Denver Kisting – Slenters doen tans die ronde waarby die adjunk- eerste minister en die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, betrek...

Weer vir 15 Junie 2018

2 dae gelede | Weer

WEERWAAK: ‘n Koue front en buie word in die ||Kharasstreek en suidelik kus verwag.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en koud tot matig in die Suide met enkele...