Suid-Afrikaners op paaie beseer
Klagte van roekelose en naliatige bestuur word ná twee ongelukke ondersoek.
Denver Kisting – Vyf Suid-Afrikaners is binne minder as ’n dag op paaie in die Hardapstreek beseer.
Adj.komm. Eric Clay, die polisiekoördineer van misdaadondersoeke in dié streek, het gesê ’n bakkie het Maandag omstreeks 06:30 die pad tussen Kalkrand en Rehoboth verlaat.
Nadat dit die pad verlaat het, het dit oor ’n brug getuimel, een keer gerol en uiteindelik op sy wiele te lande gekom.
Volgens Clay het die bestuurder van die bakkie agter die stuurwiel aan die slaap geraak.
Die bestuurder het ligte beserings opgedoen, terwyl sy vrou met ernstige beserings na die staatshospitaal op Rehoboth gehaas is, het Clay gesê.
Die ongeluk het sowat 20 km noord van Kalkrand plaasgevind.
Clay sê Sondag omstreeks 13:40 het ’n sportnutsvoertuig (SNV) die C14-grondpad tussen Lüderitz en Swakopmund naby Maltahöhe verlaat.
Die bestuurder het glo beheer verloor waarna die voertuig die pad verlaat en omgeslaan het.
Al vier insittendes, insluitend die bestuurder, word in die staatshospitaal op Mariental vir ernstige beserings behandel, sê Clay.
Die polisie ondersoek in albei gevalle klagte van roekelose en nalatige bestuur, het hy bevestig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie