Suid-Afrika voer meer suiwel uit as in
Suid-Afrika voer meer suiwel uit as in

Suid-Afrika voer meer suiwel uit as in

Lourens Schoeman - Die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf het verlede jaar sy status as netto uitvoerder van suiwelprodukte herwin, terwyl invoere met byna 20% afgeneem het vergeleke met 2017.

Volgens ’n ekonoom van die bedryf, Bertus van Heerden, het uitvoere die invoer van suiwelprodukte met 82 miljoen liter oorskry. Netto uitvoere in 2018 was hoër as in 2017 en 2016, en effens minder as in 2015.

“Gegrond op syfers verskaf deur Melk SA, word melkproduksie vir Desember 2018 geraam op 309 miljoen liter, wat 2,17% meer is as in Desember 2017.

“Melkproduksie het in November en Desember verlede jaar skerp afgeneem as gevolg van ’n skerp afname in produsentepryse sedert Maart 2018, ’n toename in voerpryse, die voortslepende droogte in baie dele van die land en die weerstoestande wat warmer was as gewoonlik.



“In 2018 is 3 277 miljoen liter melk geproduseer, wat 3,91% meer is as in 2017. Vergeleke met 2017 is die sterkste maandelikse groei, van 6,3%, in Februarie 2018 aangeteken en die swakste groei, van 0,37%, in November 2018.”

Van Heerden het voorts gesê melkproduksie was hoog in 2018, wat daartoe gelei het dat produsentepryse verlaag is weens vraag en aanbod.

“Die verminderde produsentepryse, tesame met die beskikbaarheid van melk, het uitvoere gestimuleer en invoere het drasties afgeneem.”

Invoere vir 2018 was op dieselfde vlak as in 2015, maar 19% minder as in 2017. Dit is hoofsaaklik weens die hoë vlakke van melkproduksie in Suid-Afrika en die afname in die waarde van die rand in die tweede en derde kwartale van 2018. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!