Suid-Afrika verower studente-wu00eareldtitel
Suid-Afrika verower studente-wu00eareldtitel

Suid-Afrika verower studente-wêreldtitel

Die tradisionele rugbykragte het die topposisies op Swakopmund ingeneem.
Adolf Kaure
Adolf Kaure - Suid-Afrika het die agtste studente-sewesrugbykampioenskap van die Internasionale Universiteite Sportfederasie (FISU) gewen toe hy Australië Saterdag in die eindstryd by die Vineta-rugbyveld op Swakopmund met 24-14 geklop het.

In 'n relatief maklike oorwinning is vier drieë deur Suid-Afrika gedruk, terwyl Australië net twee keer die doellyn kon oorsteek. Beide spanne was suksesvol met die doelskoppe.

Suid-Afrika het die eindstryd gehaal deur Frankryk in die een spannende semifinaal met 14-12 uit te skakel. Die wenpunte is met Suid-Afrika se laaste beweging aangeteken, maar die ontnugterde Franse het gereken die bal is eers aangeslaan.

In die kwarteindstryd teen Maleisië het die SA studente met 52-0 verslaan en Namibië moes die knie met 38-5 teen die 2016-kampioen Australië in die ander semifinaal buig. Argentinië is in sy kwarteind met 28-0 deur Australië uitgeskakel.

Hoewel Namibië net vierde kon eindig toe Frankryk hom met 19-5 vir die derde plek geklop het, kan die studente trots wees op wat hulle in uitgelese geselskap bereik het. Die vierde posisie is een plek beter as vyfde in 2016, wat Namibië se vorige beste vertoning was.

Hul laaste twee wedstryde teen Australië en Frankryk was teen lande wat veel verder gevorderd in sewesrugby is.

Indien die Namibiërs hul verdediging opknap, kan hulle volgende keer tussen die medaljewenners wees, want die span se snellers beskik oor die talent en vermoë om drieë te

druk.

In sy groepwedstryde het Namibië ondernemende rugby opgedis om teen Colombia met 29-7, Sri Lanka met 54-0 en Maleisië met 50-7 die botoon te voer.

Die wêreldstudentespele se vrouetitel is deur Frankryk ingepalm, wat met 24-7 teen Australië baas was.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!