'Stuur my om 'n beter SA te bou'

Mnr. Cyril Ramaphosa se ­inspirerende staatsrede is by by tye met luide applous begroet.
Philda Essop



“Stuur my om hand by te sit om 'n beter Suid-Afrika vir almal te bou.”

Dít was Vrydagaand pres. Cyril Ramaphosa se boodskap aan Suid-Afrikaners in sy eerste staatsrede waarin hy hernuwing en verandering belowe het.

Hy het die jazz-meester Hugh Masekela se lied “Thuma Mina” aangehaal waarin die dag van hernuwing of 'n nuwe begin verwag word. Masekela het gesing hy wil daar wees wanneer mense begin om dinge te verander. “Ek wil 'n hand bysit, stuur my,” het Ramaphosa vir Masekela aangehaal.

“Nou is die tyd vir elkeen van ons om te sê stuur my,” het hy onder luide applous in die volgepakte NV gesê.

Suid-Afrika het 'n era van verandering betree waarin Ramaphosa die ekonomie wil regruk, werkgeleenthede vir jong mense wil skep en korrupsie die nekslag wil toedien.

In 'n inspirerende, wydlopende staatsrede wat by tye met luide applous begroet is, het Ramaphosa elkeen van die land se brandende kwessies aangeraak – van grond en korrupsie tot onderwys en sukkelende staatsinstellings.

Dit was egter die ekonomie wat die grootste deel van Ramaphosa se toespraak in beslag geneem het. Die ekonomie het jare lank nie gegroei teen 'n pas wat noodsaaklik is om werk te skep of mense uit armoede te lig nie.

Die ekonomie het matig herstel, kommoditeitspryse het verbeter, myne sien 'n toename in bestellings, die rand het herstel en daar is vroeë aanduidings dat beleggersvertroue toeneem.

“Ons is daartoe verbind om te verseker dat daar beleidsekerheid en konsekwentheid is. Sakevertroue het verbeter en hou aan verbeter, buitelandse beleggers kyk met nuwe oë na ons. In Davos (waar die vergadering van die Wêreld Ekonomiese Forum in Januarie gehou is) het ons met internasionale beleggers gepraat. Hulle kan sien dat verandering op pad is in Suid-Afrika en dit is wat hulle aantreklik vind.

“Ons taak as Suid-Afrika is om die oomblik aan te gryp en nie koue water daarop te gooi nie. Dit is 'n oomblik van hoop om seker te maak daar is betekenisvolle verandering vir ons mense,” het hy gesê.

'n Werkberaad word binne die ­volgende paar maande beplan as deel van die poging om die uitdaging van werkloosheid die hoof te bied. Die sektore landbou, mynbou en ­toerisme hou groot potensiaal in vir die ekonomie en dit moet ontgin word.

Hy het die ANC se besluit op sy 54ste nasionale konferensie in Desember herhaal dat grond sonder vergoeding onteien sal word.

Hy gaan ook die sweep hard klap wat korrupsie betref.

Daar sal beslis by staatsinstellings ingegryp word in 'n poging om dit te stabiliseer en nuwe lewe daarin te blaas.

Hy het gesê direksielede van staatsinstellings mag in geen omstandighede by verkrygingsprosesse betrokke wees nie.

Oor die kommissie van ondersoek na staatskaping, het Ramaphosa gesê dit is noodsaaklik dat die aard van staatskaping vasgestel word en dat diegene wat daarvoor verantwoordelik is, geïdentifiseer word.

“Ons moet ook korrupsie, bedrog en samespanning in die private sektor beveg met dieselfde intensiteit as wat ons dit in die openbare sektor wil beveg.”

Oor staatstoelaes het hy gesê dringende stappe sal gedoen word om te verseker dat die konstitusionele hof se bevele daaroor nagekom word en dat staatstoelaes uitbetaal word. Hy sal nie toelaat dat enigiemand in die regering die begunstigdes se lewensmiddele in gevaar stel nie.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.89 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.2 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 320.70/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.82% | Zinc US$ 2 811.00/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 88.10/BBP DOWN -0.0026 | Platinum US$ 902.52/OZ DOWN -0.0081 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.89 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.2 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 320.70/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.82% | Zinc US$ 2 811.00/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 88.10/BBP DOWN -0.0026 | Platinum US$ 902.52/OZ DOWN -0.0081