Stuur jou foto's van bibberweer
Namibiërs het vanoggend na hul jasse, serpe en warm koffie gegryp met die bibberweer wat by die kus en in die suidelike, sentrale en oostelike streke ervaar word.
Sowat 40 km suid van Windhoek het die kwik glo op -12°C gestaan, op Mariental -9,5°C, by Kapps Farm -9°C en by Avis -7°C.
"Die trouboom by Out of Nature Country Lodge, 30 km suid van Windhoek, is 'n ysboom vanmôre. Dit was -8°C om 06:30," skryf Liezel Swart op die Facebook-blad Reën in Namibia. Sy het ook pragfoto's geplaas.
By die Namib Poultry-hoenderplaas noord van die hoofstad het die kwik ook op -8°C gestaan.
Republikein se lesers word uitgenooi om hul bibberfoto's na [email protected] te e-pos.
Foto Facebook/Reën in Namibia

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie