Stut vat die pad na Engeland
Rugby
Andrew Poolman - Die Namibiese vaskopstut Collen Smith vertrek volgende week om by 'n rugbyklub in Engeland aan te sluit waar hy vir die volgende jaar gekontrakteer is.
Smith sal dus buite rekening wees vir die Windhoek Draught Welwitschias se deelname aan die Curriebeker eerste liga, wat aanstaande naweek met 'n wegwedstryd teen die Griffons begin.
Trustco United rugbyklub se speler van die jaar in 2016 het gister aan die koerant gesê hy is baie opgewonde oor sy eerste kans om vir 'n span in die buiteland rugby te speel. Sy nuwe klub Bury Saints Edmunds is sowat twee ure noordoos van Londen geleë en speel in die Engelse tweede liga.
Die oudskolier van HTS Windhoek wat die skaal op 130 kilogram trek en wat volgende maand 26 jaar oud word, het sy eerste toets vir Namibië in 2012 onder die afrigterskap van Danie Vermeulen gespeel.
Smith het sedertdien in 13 toetse sy land verteenwoordig, waarvan elf van die reserwebank was. Sy laaste verskyning was op 29 Julie, toe Namibië vir Kenia met 45-7 afgeransel het om die Afrikabeker-trofee te behou.
Volgens Smith het Lyn Jones, die Welwitschias se Walliese afrigter, 'n rol gespeel om die gesprek met sy voornemende Engelse klub aan die gang te sit.
“Ek is baie opgewonde oor die kans en ek glo dit sal bydra om my 'n beter speler te maak en my kanse te versterk om in 2019 die Namibiese span vir die Wêreldbekertoernooi (in Japan) te haal,” het hy gesê.
Sy afrigter van die laaste klompie seisoene by Trustco United, Jood Opperman, sê: “Collen is een van die mees vasberade spelers en iemand wat wil vorentoe gaan in rugby. Dis gewoonlik nie net die bestes wat bo uitkom nie, maar dié wat die hardste werk.
“Ek glo die spel in Engeland sal vir Collen soos 'n handskoen pas,” sê Opperman.
WELWITSCHIAS
Die Welwitschias sal dus die komende veldtog in die Curriebeker eerste liga, asook die eerste helfte van volgende jaar, sonder Smith oor die weg moet kom.
Die Namibiërs sal ook nie vir Chrysander Botha kan oorweeg nie, wat glo ná die toetsrugby van Juliemaand na die Oos-Kaapse franchise die OP Kings sou terugkeer. Die Welwitschias het wel vir Johann Tromp teruggekry wie se kontrak met die Kings nie hernu is nie. Die 26-jarige Tromp is 'n veelsydige staatmaker wat gedurende sy 33 toetse reeds op vleuel, senter en heelagter ingespan is en wat dus van groot waarde vir die Namibiese span behoort te wees.
Uit die plaaslike klubgeledere is spelers soos die senter Camlo Martin, vleuel Chess Lawrence, haker Bigman Kaura en stut Hauta Veii nuut bygevoeg as lede van die FNB Universiteit van Namibië se wenspan in die NRU premierliga.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie